On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kapenaar in hof vir sakebedrog

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:42 Wed, 18 Jun 2025

Noord-Kapenaar in hof vir sakebedrog | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

’n Vrou van die Noord-Kaap sal na verwagting Donderdag (19/6) in die hof verskyn op aanklagte van bedrog en, alternatiewelik, diefstal.

Die verdagte (49) is Dinsdag (17/6) deur die Valke se misdaadondersoekspan vir ernstige handelsmisdaad in hegtenis geneem, sê ao. Nomthandazo Mnisi.

Na bewering was die verdagte in 2012 mededirekteur van ’n maatskappy genaamd Rowen Tree 60 (Edms.) Bpk. saam met nog twee direkteure. “Die verdagte het na bewering ’n aansoek teruggetrek om die hernuwing van prospekteermynregte wat reeds deur die departement van minerale hulpbronne en energie verwerk is,” sê Mnisi.

Valke misdaadondersoekspan. Foto: protectionweb

Die verdagte en haar mededirekteure het glo in 2015 besluit om die maatskappy – saam met die prospekteermynregte wat teruggetrek is – aan ’n sakeman in die Noord-Kaap vir R100 000 te verkoop.

“Nadat die verkoopooreenkoms egter gesluit is, maar voordat die sakeman enige betaling gemaak het, het die verdagte die maatskappy weer verkoop – hierdie keer aan die klaer – sonder om die terugtrekking van die prospekteermynregte bekend te maak.”

Volgens Mnisi het die verdagte die klaer mislei om te glo dat die mynregte steeds geldig en in goeie aansien was deur die terugtrekkingsbrief terug te hou.

Verlies van R1,368 miljoen

Gevolglik het die klaer die aanbod aanvaar en R1,368 miljoen betaal.

“Ná hierdie betaling is R100 000 oorgeplaas na ’n persoonlike rekening wat aan een van die direkteure van Rowen Tree 60 behoort.” Hierdie reeks bedrieglike transaksies het gelei tot ’n finansiële verlies van R1,368 miljoen vir die klaer.

Mnisi sê nog verdagtes sal binnekort aangekeer word. Die verdagte sal na verwagting voor die Douglas-landdroshof verskyn.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.