On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Miljoene geëis vir Martie du Plessis-leerder se vrylating

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:26 Wed, 25 Jun 2025

Miljoene geëis vir Martie du Plessis-leerder se vrylating | News Article
’n Losprys van R7 miljoen word geëis vir die vrylating van die Bloemfonteinse tiener wat al 25 dae vermis is na ’n ontvoering. Foto verskaf

’n Losprys van R7 miljoen word geëis vir die Bloemfonteinse leerder, wat reeds 20 dae vermis word ná ’n ontvoering.

Kamogelo Baukudi (19) is op 5 Junie omstreeks 12:00 in Vereenigingrylaan in Ehrlichpark ontvoer. 

Twee mans, wat hulle na bewering as polisiebeamptes voorgedoen het, het die voertuig voorgekeer waarin Kamogelo gery het. Sers. Nzima Adoons (42) het Dinsdag (24/6) in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering en afpersing.

Die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, en brig. Motantsi Makhele in die hof. Foto: Zenande Mpame

Adoons sou na verwagting om borgtog aansoek gedoen het, maar die saak is tot Maandag (30/6) uitgestel nadat sy regsverteenwoordiger, Adriaan van Rensburg, die hof meegedeel het dat die klagstaat Sondag (22/6) deur die staat gewysig is.

Die wysiging het die borgtogaansoek herklassifiseer van ’n skedule 1- na ’n skedule 5-saak. “Hiervoor het ons ’n advokaat aangestel om die borgtogaansoek te hanteer.”

Baukudi, ’n gr. 11-leerder aan die Martie du Plessis-skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes in Fichardtpark, was ten tyde van die voorval saam met Daniel Malebatso in die motor. Hy is na bewering meegedeel dat die Suzuki Ertiga wat hy bestuur het, kwansuis gebruik word om dwelms mee te karwei.

“Malebatso beweer dat hy ’n sirene gehoor het voordat die bestuurder van ’n wit Toyota Hilux GD-6 dubbelkajuitbakkie, toegerus met blou ‘polisieligte’, hulle afgetrek het,” sê brig. Athlenda Mathe.

Die verdagtes het toe die twee geskei en Malebatso opdrag gegee om vooruit te ry, terwyl hulle saam met Kamogelo gevolg het – vermoedelik op pad na die Parkweg-polisiekantoor. 

Toe ’n vragmotor egter tussen die twee voertuie verbyry, het die Toyota Hilux verdwyn.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.