On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Polisie kry beeskarkasse in bakkie naby Welkom

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:03 Sat, 28 Jun 2025

Polisie kry beeskarkasse in bakkie naby Welkom  | News Article
Die beeskaskasse. Foto SAPD

Vyf mans sal na verwagting Maandag (30/6) in die Theunissen-landdroshof verskyn nadat hulle na bewering in besit van twee gesteelde beeskarkasse gevind is.

Die verdagtes is Donderdag (26/6) in hegtenis geneem nadat die voertuig waarin hulle gery het deur die polisie op die R30-pad naby Welkom afgetrek is, sê sers. Palesa Tabana, provinsiale polisiewoordvoerder.

“Daar word beweer lede van die Welkom-polisie het omstreeks 04:45 inligting ontvang oor moontlike veediefstal.”

Volgens Tabana het die polisie ’n silwer Ford Ranger wat aan die beskrywing voldoen in die rigting van Welkom opgemerk.

‘Twee beeskarkasse is agter in bakkie gekry’

“Daar is probeer om die voertuig naby Bloudrift te stop. Die bestuurder het glo versuim om te stop en die polisie het hom agterna gesit. Die voertuig is uiteindelik naby Welkom tot stilstand gebring.”

Met die deursoeking van die voertuig het die polisie twee beeskarkasse agter in die bakkie gekry. Tabana sê die vyf insittendes kon geen verduideliking gee vir die karkasse nie.

“Voorlopige ondersoeke toon die beeste is op ’n plaas in Theunissen gesteel,” sê Thabana. Die ondersoek duur voort.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.