On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Beheerraadslede gebruik glo skool in Kuruman se geld vir eie gewin

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:14 Sat, 28 Jun 2025

Beheerraadslede gebruik glo skool in Kuruman se geld vir eie gewin  | News Article
Hulle het glo 'n halfmiljoen rand onregmatig gebruik. Foto: iStock

Drie beheerraadslede van ’n Noord-Kaapse laerskool wat na bewering ’n halfmiljoen rand misbruik het, sal Maandag in die hof verskyn.

Patrick Kgomotso (34), Lesedi Morapadi (37) en Itumeleng Tsinyane (52), beheerraadslede van die AB Kolwane Laerskool in Mothibistad naby Kuruman, word daarvan beskuldig dat hulle van Januarie 2020 tot April 2021 onttrekkings by kitsbanke uit die skool se rekening gemaak het. Dit het dikwels oor naweke en gedurende skoolvakansies gebeur. Minstens R500 000 is bestee aan ’n “buitensporige inkopietog,” sê lt.kol. Tebogo Thebe, Valkewoordvoerder.

“Hulle beweer die geld is vir goedere en dienste vir die skool gebruik. Hulle kon egter nie die nodige dokumentasie hiervoor verskaf nie.”

‘Verlies van R504 441.63 is gely’

Thebe sê hulle is nog besig om te bepaal waarop hulle die geld bestee het. Die skool het ’n verlies van R504 441.63 gely.

Die beskuldigdes het Dinsdag (24/6) in die Mothibistad-landdroshof verskyn en sal Maandag (30/6) aansoek om borgtog doen. 

Die Noord-Kaapse departement van onderwys het die inhegtenisnemings verwelkom. “Dit behoort as ’n ernstige waarskuwing te dien vir skoolbeheerliggame wat skoolfondse wanbestee en wanbestuur tot nadeel van leerders,” sê Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement. 

Hy het bevestig dat die drie onmiddellik van hul amptelike pligte onthef is.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.