On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Riverstone Mall in Meyerton brei infrastruktuur uit in komende jaar

───   ZENANDE MPAME 12:51 Tue, 01 Jul 2025

Riverstone Mall in Meyerton brei infrastruktuur uit in komende jaar | News Article
Riverstone Mall in Meyerton wil sy infrastruktuur in die komende jaar uitbrei. Foto: Zenande Mpame

Die nuwe Riverstone Mall op Meyerton beoog om sy infrastruktuur in die volgende jaar uit te brei, onderhewig aan goedkeuring van Midvaal se munisipale raad.

Die sentrum het in April geopen en 1 200 werksgeleenthede tydens die bouwerk geskep. Nog 250 permanente poste is geskep met die opening daarvan.

Die sentrum gebruik ’n 5,0 MWh-battery, een van die grootste in sy soort in Suid-Afrika, as deel van ’n hibriede energie-oplossing.


“Fase twee van die sentrum sal op die deel van die eiendom suidwes van die huidige sentrum naby die hoofingang wees,” sê Ivan Pretorius, stigter en uitvoerende hoof van Alley Roads. “Die tweede fase gaan meer toegespits wees op groter huurders soos moontlik ’n McDonald’s of iets soortgelyks.”

Die enigste aanvanklike uitdaging was ’n wolkbreuk wat die opening met twee weke vertraag het, vertel hy. “Maar die huurders het die ekstra tyd verwelkom om voor te berei.”

Checkers Fresh-X, Woolworths Food en Dis-Chem is die ankerwinkels, terwyl Clicks, Truworths, Mr Price en die Pepkor-groep ook teenwoordig is. Die sentrum het twee deurryrestaurante, ’n kosdeel en meer as ’n duisend parkeerplekke.

Cherisa Bruwer, sentrumbestuurder, sê die aanvanklike uitdagings was om die sentrum se bedrywighede aan te pas, koördinasie tussen die onderskeie huurders en om seker te maak al die geriewe voldoen aan die hoogste veiligheids- en diensstandaarde.


“Fase twee is beslis in beplanning en behoort teen Augustus volgende jaar voltooi te wees. Ons beplan om nog deurry-restaurante, klein winkels, kantore en ’n bekende gesinsrestaurant in te sluit,” sê sy.

“Die sentrum bedien tans net die plaaslike gemeenskap, maar met toekomstige bemarkingstrategieë wil ons dit as ’n bestemming vir plaaslike en streeksklante posisioneer.”

Pretorius sê die sentrum ontwikkel in ’n bestemmingsentrum. Hulle droom is om dit mettertyd in ’n streeksentrum te omskep.

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.