On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Jong Soutpan-man vermis nadat hy nie terugkeer van werk by Bloemfontein

───   08:41 Sun, 06 Jul 2025

Jong Soutpan-man vermis nadat hy nie terugkeer van werk by Bloemfontein | News Article
Die polisie vra die gemeenskap se hulp om ’n vermiste jong man op te spoor. Foto: iStock

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om ’n 26-jarige man op te spoor wat as vermis aangemeld is, sê polisiewoordvoerder, sers. Mahlomola Kareli.

Xolile Patrick Nqukuva, woonagtig in Mbeki-plein, Soutpan, is laas gesien op Maandag 30 Junie 2025, omstreeks 07:00, toe hy op pad werk toe is in Bainsvlei, Bloemfontein. 

Sy ontstelde familielid het hom op 2 Julie 2025 om 19:50 as vermis aangemeld, nadat hy nie huis toe gekom het nie.

Patrick Nqukuva (26). Foto: SAPD

Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat Nqukuva laas op 30 Junie 2025 ná werk by die taxistaanplek in die middestad van Bloemfontein gesien is. Ten tyde van sy verdwyning het hy ’n swart sweetpakbroek met ’n wit streep aan die kant, ’n swart baadjie en swart Fabiani-tekkies aangehad.

Enigiemand met inligting rakende Nqukuva word versoek om speursers. Maseloa te kontak by 082 041 4010. 

Alternatiewelik, bel die SAPS Misdaadstoplyn by 08600 10111 of gee ’n anonieme wenk via die MySAPS-toepassing.

OFM Nuus/Polisieverklaring cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.