Central SA
Boedelbedrog: Bloemfonteinse prokureur terug in hof─── CHARNÉ VAN DER MERWE 07:00 Thu, 17 Jul 2025

Die Bloemfonteinse prokureur wat van boedelbedrog beskuldig word, sal Donderdag (17/7) in die hof verskyn ná ’n versoek om bykomende inligting deur haar regsverteenwoordiger.
Elmari Vosloo (47), ’n praktiserende prokureur, is na bewering van Januarie 2015 tot Julie 2017 toevertrou met die bestuur van die klaer se boedel, wat ongeveer R6 miljoen in kontant ingesluit het, het ao. Fikiswa Matoti, Valke-woordvoerder, aan OFM Nuus gesê.
“Die geld is na bewering na Vosloo se persoonlike bankrekening oorgeplaas en nie na die vereiste trustrekening nie. Hierdie wanbestuur het tot ’n finansiële verlies van ongeveer R3,4 miljoen vir die klaer gely.”
'n Dagvaarding is op 11 Junie aan Vosloo beteken.
‘Byna ’n duisend klagtes is ontvang’
Ondersoeke toon die prokureur het sonder ’n geldige getrouheidsfondssertifikaat gepraktiseer, ’n wetlike vereiste vir alle praktiserende prokureurs.
Oor etlike jare is prokureurs daarvan beskuldig dat hulle ongeveer R1,4 miljard uit kliënte se trustfondse gesteel het in 561 aangemelde sake, maar slegs 59 skuldigbevindings is verkry. Net 25 het tot tronkstraf gelei, berig The Citizen.
In die 2023/24-boekjaar het die Padongelukfonds byna duisend klagtes ontvang wat verband hou met bedrog deur prokureurs. Altesaam 417 sake is na die polisie verwys.
Vosloo se saak is op 26 Junie van die hand gewys, “met verdere besonderhede, meer spesifiek ’n afskrif van die dossier, wat van die staat aangevra is”, het adv. Allen Simpson, haar regsverteenwoordiger, aangevoer ter ondersteuning van sy versoek om uitstel.
OFM Nuus dg