On Now
Weekends 20:00 - 23:59
Saturday Nights OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Verdagtes van Kuruman kan moontlik verbind word met advokaat se dood

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:16 Sun, 13 Jul 2025

Verdagtes van Kuruman kan moontlik verbind word met advokaat se dood | News Article
Katlego Moribe. Foto Facebook/ Kelebogile Tong

Vyf mans sal Maandag (14/7) in die Kuruman-landdroshof om borgtog aansoek doen nadat hulle in hegtenis geneem is vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

Die inhegtenisneming van die vyf beskuldigdes volg op die noodlottige skietery van adv.Katlego Moribe (38). Hy is op 1 Junie buite sy voertuig in Seoding Blok A, Kuruman, doodgeskiet, sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder.

Onwettige wapens en ammunisie is in hul besit gevind. Foto SAPD

“Hoewel niemand nog formeel aangekla is van Moribe se moord nie is daar moontlike bewyse wat die verdagtes met die toneel verbind.”

Die verdagtes is op 24 Junie in hegtenis geneem ná 'n intensiewe ondersoek wat deur lede van die Noord-Kaapse misdaadintelligensie-eenheid gelei is.

Katlego Moribe was 'n bekende advokaat in Kuruman. Foto Facebook/ Kelebogile Tong

Die operasie is in samewerking met hul eweknieë in Noordwes uitgevoer, het kol. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, vroeër gesê. Die motief vir die moord is nog onbekend. 

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.