On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfontein: Vermeende mensehandelaars gaan aansoek doen om borgtog

───   ZENANDE MPAME 11:35 Tue, 15 Jul 2025

Bloemfontein: Vermeende mensehandelaars gaan aansoek doen om borgtog | News Article
Die vermeende mensehandelaars sal Woensdag aansoek om borgtog doen. Foto: Vrystaat-valke

Twee van die vier beskuldigdes in ’n saak van mensehandel, verkragting en poging tot moord sal na verwagting Woensdag (16/7) in die Bloemfonteinse landdroshof aansoek om borgtog doen.

Alicha Britz (29) en Francois van der Merwe (34) sal vir hul borgtogaansoek in die hof verskyn saam met Rian Mulder (56) en Raoul Hartman (59) wat vroeër borgtog van R3 000 elk toegestaan is. Hartman is ’n gewese adjudant-offisier in die Valke wat in 2019 afgetree het.

Die saak is vroeër uitgestel omdat Brits nie betyds van Kimberley na Bloemfontein vervoer kon word waar sy aangehou word nie. 

“Francois van der Merwe is in aanhouding en sy saak is tot Woensdag uitgestel terwyl regsverteenwoordiging gereël word,” sê Mojalefa Senokoatsane, Vrystaatse NVG-woordvoerder. “Britz word aangekla van mensehandel, terwyl haar medebeskuldigdes tereg staan op aanklagte van verkragting, poging tot moord en mensehandel.”

Blykbaar het die slagoffer (26) in Julie 2022 op ’n Facebook-advertensie gereageer vir ’n werk as kroegmeisie by ’n sogenaamde mansklub in Ferreira, Bloemfontein. Nadat sy met die eienaar gesels het, is reëlings getref om haar van Ventersburg na Bloemfontein te bring.

’n Paar dae later het die klubeienaar en sy bestuurder haar gaan haal. In Bloemfontein is sy na bewering na een van die beskuldigdes se huis geneem, waar sy glo bedwelm, seksueel aangerand en herhaaldelik deur ’n groep mans verkrag is.

Sy beweer een van die verdagtes het foto’s tydens die voorval geneem. Sy het kon deur ’n badkamervenster ontsnap en hulp soek.

‘Verdagte word aangehou en sal Maandag weer verskyn’

Intussen sal ’n Bloemfonteinse ontkleeklubeienaar (64) wat van verskeie seksuele oortredings aangekla word, Maandag (21/7) in die Bloemfonteinse landdroshof om borgtog aansoek doen.

Hy het Maandag in dié hof verskyn, maar sy regsverteenwoordiger het die borgtogaansoek uitgestel omdat hulle nie gereed was om daarmee voort te gaan nie.

“Omdat dit ’n seksverwante aanklag is, is dit belangrik dat sy naam nie in die stadium bekend gemaak word nie, ” sê Senokoatsane.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.