On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Poging tot moord ondersoek ná skietery tydens Kimberley-betoging

───   ZENANDE MPAME 10:18 Thu, 17 Jul 2025

Poging tot moord ondersoek ná skietery tydens Kimberley-betoging | News Article
Poging tot moord ondersoek ná skietery tydens Kimberley-betoging. Foto verskaf/Boyce Makodi

Kimberley se polisie ondersoek ’n poging-tot-moordsaak nadat ’n 36-jarige glo in die rug en maag geskiet en beseer is tydens protesoptrede in die Diamantstad.

Volgens inwoners was die man op pad werk toe, toe hy glo geskiet is. Hulle sê versperrings op paaie het dit moeilik gemaak om mediese geriewe te bereik.

Kimberliete het Maandag (14/7) aan ’n stilstand deelgeneem om hul frustrasie te kenne te gee oor swak dienslewering en die ontslag van die munisipale bestuurder en direkteure te eis asook die ontbinding van die Sol Plaatje-raad.

“Die polisie ondersoek ’n poging-tot-moordsaak nadat ’n man glo in die rug en maag beseer is tydens die betoging in Kimberley,” sê Cherelle Ehlers, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder. “Die voorval het Maandag naby die N8 in Greenpoint plaasgevind. Ons ondersoek nog wat presies gebeur het.”


Die ANC se provinsiale uitvoerende komitee het Maandag vergader oor die lys klagtes, insluitend eise dat die speaker van Sol Plaatje, Dipuo Peters, en die munisipale bestuurder, Thapelo Matlala, onmiddellik ontslaan word.

Inwoners het Dinsdag (15/7) na die premierskantoor opgeruk vir terugvoer oor die memorandum wat Maandag oorhandig is.

“Moet asseblief nie hier weggaan onder die wanindruk dat ek kan opstaan en ’n burgemeester verwyder nie,” het Zamani Saul gesê. “Ek het nie daardie magte nie. Dit het nog nooit gebeur nie.”


“Die beseerde inwoner is tans in intensiewe sorg nadat hy in die maag geskiet is,” sê Boyce Bakodi van die Kimberley-aksiegroep. “Ons wens hom ’n spoedige herstel toe. Ons sal verseker dat hy geregtigheid kry. Hierdie optrede deur die polisie was onnodig en onwettig.”

Sewe verdagtes, onder wie ’n minderjarige, het Dinsdag in Kimberley se landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld. Hulle is op waarskuwing vrygelaat.

Hulle is Maandag in hegtenis geneem toe openbareordepolisie in Greenpoint op die N8 ontplooi is om beweerde voorvalle van openbare geweld te hanteer.

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.