On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Hulp gevra om vermiste Noordwes-mans op te spoor

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:37 Mon, 21 Jul 2025

Hulp gevra om vermiste Noordwes-mans op te spoor | News Article
Donovan van der Walt (25) en Christiaan van Blerk (34) word vermis. Foto: Noordwes-polisie

Die Noordwes-polisie doen ’n beroep op die publiek om te help nadat twee mans byna ’n week gelede vermis geraak het.

Die mans het glo hul werkplek verlaat om onderdele te gaan haal en nooit teruggekeer nie.

Christiaan van Blerk (34) en Donovan van der Walt (25) is Maandag (14/7) laas gesien nadat hulle glo onderdele in Klerksdorp Industria gaan optel het, sê kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder.

Donovan van der Walt (25) word vermis. Foto: Noordwes-polisie

Hulle was na bewering in Afrikaner Plot in Wesselstraat, Meiringspark, en het in 'n wit Toyota Hilux Raider-bakkie met registrasienommer KWF254NW gery.

Myburgh sê ten spyte van ’n uitgebreide soektog, is daar geen positiewe resultate gevind nie.

Die voertuig waarmee die vermiste mans gery het. Foto: Noordwes-polisie

Die polisie versoek nou dringend die publiek se hulp om die vermiste mans op te spoor.

Van Blerk (34) is skraal gebou, ongeveer 1.8 m lank, met lang bruin hare en bruin oë. Hy het ’n litteken op sy regterwang, ’n kruis-tatoeëermerk op sy bo-arm en ’n hoefyster-tatoeëermerk op sy bobeen.

Van der Walt (25), ook skraal gebou, is ongeveer 1.6 m lank, met bruin hare, ligblou oë, ’n swart snor en baard (ongeskeer). Hy het verskeie tatoeëermerke, insluitend ’n leeu-tatoeëermerk op sy linkerarm/hand.

Christiaan van Blerk (34) word vermis. Foto: Noordwes-polisie

Enigiemand met inligting oor hul verblyfplek word versoek om ao. Louis Harmse van die Klerksdorp-speurders te kontak by 083 607 1395, of die SAPS Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel.

Anonieme wenke kan ook deur die MySAPS-app ingedien word.

Myburgh het die gemeenskap verder aangemoedig om enige afpersingsverwante inligting aan die afpersingslyn by 080 091 1011 aan te meld.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.