On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Bothaville-polisie soek verdagtes ná verkragting

───   ZENANDE MPAME 06:00 Thu, 31 Jul 2025

Bothaville-polisie soek verdagtes ná verkragting | News Article
Bothaville-polisie soek verdagtes ná verkragting. Foto: iStock

Die polisie in die Vrystaat is besig met ’n intensiewe ondersoek ná die verkragting van ’n 60-jarige wat helder oordag in haar huis op Bothaville aangeval is. Die slagoffer is glo drie keer met ’n hamer op die kop geslaan voordat sy verkrag is.

Sy herstel tans in ’n hospitaal in Welkom van ernstige hoofbeserings nadat sy oorgeplaas is vanaf ’n plaaslike hospitaal.

Die slagoffer het na bewering Saterdag (26 Julie) tuisgekom ná ’n geleentheid by die kerk en besoek aan ’n ouetehuis toe ’n onbekende man haar glo genader en haar met ’n hamer aangeval het voordat hy haar verkrag het. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” sê Palesa Thabana, Vrystaatse polisiewoordvoerder. 

“Die soektog na die verdagte is ’n prioriteit vir die polisie. Die slagoffer het ernstige kopbeserings opgedoen. Die polisie het beslag gelê op die hamer wat vermoedelik tydens die misdaad gebruik is,” voeg Thabana by.

Die slagoffer is aanvanklik na die Nala-hospitaal op Bothaville geneem, en later na Mediclinic in Welkom oorgeplaas, waar sy Saterdag geopereer is om bloeding op die brein te verlig. Bothavillers is diep geskok weens die voorval en talle het hul ontsteltenis en vrees op sosiale media uitgespreek. 

“Ons almal in Bothaville is in skok ná die wrede aanval helder oordag op ’n vrou, ons as ’n gemeenskap bid en staan saam,” sê Erna Joubert. “Die hele dorp is in diep skok ná die grusame aanval.  

Bloedbevlekte baadjie

“Ons dra haar in ons gebede vir herstel, en ons bid ernstig dat die aanvaller gevang sal word en dat geregtigheid sal geskied.”

Die polisie vra enigeen wat die verdagte kan help opspoor, moet ao. Anje Tait by 083 279 3213 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel. Netwerk24 berig AfriForum se buurtwag op Bothaville die omgewing vir leidrade gefynkam. 

’n Bloedbevlekte baadjie is naby die slagoffer se huis gevind. Gemeenskapslede is gevra of hulle iemand ken aan wie die baadjie kan behoort.

OFM Nuus/Zenande Mpame mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.