On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Central SA

‘Veiligheidsmaatreëls was wel ingestel’ met ongeluk in Kimberley – Sol Plaatje

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:30 Fri, 01 Aug 2025

‘Veiligheidsmaatreëls was wel ingestel’ met ongeluk in Kimberley – Sol Plaatje | News Article
Die motor se voorkant is erg beskadig. Foto: Gustav Lombaard

Veiligheidsmaatreëls was glo wel ingestel op die pad in Kimberley waar ’n motoris se voertuig ernstig beskadig is toe dit ’n groot, oop gat getref het waar werkers besig was om ’n pyp te herstel.

Munisipale werkers was besig om ’n gebarste waterpyp te herstel toe die motoris se motor die gat op die hoek van Schmidtsdriftweg en Silsonweg getref het.

Die uitgrawing het ’n gat van ongeveer 1,5 m diep en 1,5 m breed in die middel van die pad gelaat.

Die waarskuwingstekens was glo onvoldoende. Foto: Gustav Lombaard

’n Ooggetuie, wat verkies om naamloos te bly, meen die veiligheidstekens was onvoldoende. “Daar was baie swak waarskuwingstekens aan die stadskant van die padwerk, maar daar was glad geen aan die teenoorgestelde kant vanwaar die motoris vanuit die rigting van korrektiewe dienste gekom het nie. Daarom het hy reguit in die padwerk ingery.”

’n Padwerker het aan hom vertel ’n kollega, wat binne-in die gat aan die werk was, is teen die kop getref. Sommige geskokte werkers het selfs weggehardloop en eers later teruggekeer.

Die beskadigde voertuig. Foto: Gustav Lombaard

Thabo Mothibi, Sol Plaatje-woordvoerder, het die voorval bevestig. “Een van ons werknemers het geringe beserings opgedoen in wat ’n noodlottige ongeluk kon gewees het.”

Hy sê veiligheidsmaatreëls soos keëls en hope grond as ’n versperring rondom die uitgrawing het die aankomende motor tot stilstand gedwing.

Die gat is 1,5 m diep. Foto: Gustav Lombaard

Die ongeluk is by die polisie aangemeld en word ondersoek, bevestig lt.kol. Sergio Kock, provinsiale polisiewoordvoerder.

OFM Nuus/Charne van der Merwe

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.