On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Olebogeng
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Twee polisiebeamptes van Gauteng in hof vir ontvoering, korrupsie

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:57 Sat, 02 Aug 2025

Twee polisiebeamptes van Gauteng in hof vir ontvoering, korrupsie | News Article
Gift Mncedi Nteso. Foto: NVG

Twee Gautengse polisiebeamptes wat aangekla word dat hulle ’n buitelandse burger onwettig aangehou en afgepers het, sal op 1 September weer in die hof verskyn.

Konst. Gift Mncedi Ntes (33) en konst. Seipati Mofokeng (39) het Vrydag (1/8) in die Vereeniging-landdroshof op aanklagte van van ontvoering, korrupsie en regsverydeling verskyn. Hulle is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat, sê ao. Thatohatsi Mavimbela, Valkewoordvoerder.

“Die beamptes het na bewering ’n Chinese burger by die Sharpeville-polisiekantoor aangehou en ’n losprys van R3 000 van die slagoffer se familie geëis om sy vrylating te verseker.”

Volgens die justisie, misdaadvoorkoming en sekuriteitsgroep (JCPS) het ’n senior polisiebeampte die Valke se Vaalrand-gebaseerde ernstige korrupsieondersoekeenheid oor die voorval in kennis gestel.

“ ’n Ondersoek is onmiddellik van stapel gestuur en magtiging is van die direktoraat van openbare Vervolging in Pretoria verkry om die transaksie te monitor,” lui JCPS se verklaring.


Mavimbela sê voordat die beamptes die volle bedrag kon invorder, is die Valke in kennis gestel dat R1 000 reeds betaal is en die slagoffer vrygelaat is.

“Hulle het na bewering die Chinese burger vrygelaat sonder om enige formele rekord van sy inhegtenisneming by die polisiekantoor aan te teken.” 

Die verdagtes is Dinsdag (29/7) deur ’n ondersoekspan by die die Sharpeville-polisiekantoor in hegtenis geneem.

“Hulle kon nie redes verskaf waarom hy aangehou en vrygelaat is sonder behoorlike dokumentasie nie.”  

OFM Nuus dg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.