On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Olebogeng
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

DA bekommerd oor gevaarlike kruising in Parys

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:19 Sat, 02 Aug 2025

DA bekommerd oor gevaarlike kruising in Parys | News Article
Die gevaarlike kruising in Parys. Foto: AfriForum

Twee mense is by ’n gevaarlike kruising in die Vrystaat dood en inwoners sê die munisipaliteit versuim om padveiligheid te verseker.

Daar is toenemende oproepe vir onmiddellike ingryping, aangesien die wanfunksionele verkeersligte steeds verwarring veroorsaak en ’n ernstige bedreiging vir motoriste en voetgangers inhou, sê Schalk Burger, Parys se takvoorsitter.

“Die Parys-tak van AfriForum het formeel geëis dat die Ngwathe-munisipaliteit die beskadigde verkeersligte op die hoek van Bree- en Van Collerstraat herstel en vervang, ná ’n noodlottige ongeluk in Julie. In ’n brief aan dr. Futhuli Mothamaha, munisipale bestuurder, het AfriForum beklemtoon dat die gebreekte en skewe verkeersligte ’n skending van wetlike verpligtinge is en openbare veiligheid in gevaar stel.”

Burger sê hoewel die munisipaliteit sedertdien sommige van die verkeersligte ná voortdurende druk vervang het, bly kritieke herstelwerk onvolledig. Dit is veral gevaarlik vir motoriste wat Parys van die Vredefort-kant binnekom.

Die verkeersligte in Parys is buite werking. Foto: AfriForum

Gereelde kragonderbrekings vererger die probleem met geen verkeersbeamptes wat ontplooi word om te help met die verkeer nie.

AfriForum se eise sluit in die volledige herstel van alle verkeersligte by die kruising, die ontplooiing van beamptes tydens beurtkrag of kragonderbrekings en die installering van tydelike of permanente stoptekens. Die organisasie waarsku dat verdere gebrek aan optrede kan neerkom op growwe verwaarlosing van statutêre pligte.

‘Ons sal nie huiwer om regstappe te doen’

“Twee mense is reeds dood. Elke dag wat verbygaan sonder aksie plaas meer lewens in gevaar,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikkoördineerder vir die Mooirivier. “Ons is bereid om met die munisipaliteit saam te werk, maar ons sal nie huiwer om regstappe te doen of openbare druk toe te pas as onmiddellike stappe nie gedoen word nie.”

Burger sê motoriste wat Parys vanaf Vredefort nader, kan glad nie sien dat daar ’n verkeerslig is nie en die verkeerslig op die hoek van Father Balink (voorheen Kruisstraat) en Loopstraat is net so gevaarlik omdat dit feitlik nooit werk nie. “Dis onverstaanbaar hoekom daar nie onmiddellik aan hierdie lewensgevaarlike toestande aandag gegee word nie.”  

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.