On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Sangoma en Vanderbijlpark-ma weer in hof oor haar peuter

───   ZENANDE MPAME 06:00 Wed, 06 Aug 2025

Sangoma en Vanderbijlpark-ma weer in hof oor haar peuter | News Article
Vanderbijlpark-ma en sangoma weer in die hof oor haar peuter. Foto: Gautengse NVG

Die Vanderbijlparkse vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar tweejarige verkoop het en die sangoma wat glo by die kleuter se dood betrokke was, kom weer Woensdag (6/8) voor in die Vanderbijlparkse landdroshof.

Die saak is vroeër uitgestel om beamptes kans te gee om die nadoodse ondersoek en DNS-analise van die kind se oorskot af te handel.

Sebokoana Khounyana (50), ’n burger van Lesotho, het sy borgtogaansoek laat vaar en word nou deur ’n bykomende aanklag in die gesig gestaar omdat hy glo onwettig in Suid-Afrika is. Die aanklagte teen hom sluit in moord met voorbedagte rade, mensehandel en onwettige immigrasie.


Kuneuwe Shalaba (33) word ook aangekla van moord met voorbedagte rade en mensehandel, asook sameswering om roof te pleeg en regsverydeling. Die hof het haar borgtogaansoek reeds van die hand gewys.

“Sebokoana Khounyana het sy borgtogaansoek teruggetrek toe hy laas in die hof verskyn het,” sê Lumka Mahinjana, Gautengse NVG-woordvoerder. “Ná die kort hofverskyning is die saak uitgestel na 6 Augustus vir verdere ondersoeke. 

“Die hof het vroeër geweier om die ma van die jong slagoffer op borgtog vry te laat.” 

LEES OOK: Saak van Vanderbijlpark-ma en sangoma uitgestel tot Augustus

Khounyana is in hegtenis geneem nadat hy die polisie na ’n vlak graf langs Waterpanweg naby die R28 in Bekkersdal gelei het. Menslike oorskot, vermoedelik dié van die kind, is opgegrawe en DNS-toetse is aan die gang om haar identiteit te bevestig.

Na bewering het Shalaba haar dogtertjie Kutlwano Shalaba (2) in November verlede jaar na die sangoma geneem en gesê sy is ongelukkig met die kind se geslag en wil nie meer die waarheid vir haar familie wegsteek nie. Die kind is vermoedelik vergiftig en kort daarna begrawe.

Aanvanklik het Shalaba haar kind as vermis aangegee. Sy het beweer drie mans het haar “seun” van haar rug af gegryp en in ’n silwer VW Polo weggejaag.

Kutlwano Shalaba (2) se liggaam is in ’n vlak graf gevind. Foto: SAPD

Drie dae later het sy ’n klagte van ontvoering in die polisiekantoor in Boipatong ingedien. 

“In Mei het Khounyana by sy inhegtenisneming by ’n taxistaanplek ’n volle bekentenis aan die polisie gemaak en ondersoekers na die graf gelei,” sê Mahinjana.

Shalaba het in Februarie vanjaar in die tronk van ’n tweeling geboorte gegee nadat sy tydens haar borgtogaansoek aangevoer het dat sy nie behoorlike mediese sorg ontvang het nie. Cornelle Grobler, staatsaanklaer, het haar borgtogaansoek teengestaan en aangevoer dat die beskuldigde ’n gevaar vir haar kinders inhou, aangesien hulle moontlik dieselfde lot as die vermiste kind kan tref.

OFM Nuus/Zenande Mpame mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.