On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Get Wise Wednesday: Verstaan jou motor se waarskuwingsligte!

───   08:40 Wed, 06 Aug 2025

Get Wise Wednesday: Verstaan jou motor se waarskuwingsligte! | News Article
Foto ter illustrasie: Getty Images

Baie mense ry rond met liggies wat op hul voertuig se instrumentpaneel brand – soms weke lank. Maar is dit veilig?

Dirk Krisp van Midas Vrystaat deel waardevolle raad in OFM Get Wise Wednesday oor wat daardie liggies op jou instrumentpaneel beteken en hoe om jou voertuig behoorlik te versorg.

Volgens Krisp is die belangrikste lig op jou paneel dié een wat rooi brand – dit is ’n ernstige waarskuwing dat jy onmiddellik moet stop. Dit kan dui op olie- of verkoelingsprobleme wat ernstige enjinskade kan veroorsaak.

Oranje ligte dui op minder dringende probleme, maar moet steeds ondersoek word. Groen en blou ligte is meestal net ter inligting, soos jou flikkerlig of enjin wat nog moet opwarm.

Krisp beklemtoon voertuie is afhanklik van verskeie vloeistowwe soos enjinolie, verkoelerwater en kragstuur- en remvloeistof. Sommige hiervan, soos enjinolie, kan jy self nagaan, maar ratkasolie moet deur ’n spesialis gehanteer word. 

Hy waarsku ook teen verkeerde grade olie en te veel antivriesmiddel in die verkoelingstelsel.

Bande en remme

Wat bande en remme betref, is dit belangrik om die loopvlak gereeld na te gaan – die groewe mag nie minder as 1,6 mm diep wees nie. Bande ouer as tien jaar moet egter vervang word, en oneweredige slytasie kan dui op ’n probleem met die wielsporing. 

Die remblokke moet met elke versiening nagegaan word en vervang word indien dit minder as 6 mm dik is.

Met die gemiddelde Suid-Afrikaner wat minstens 15 uur per week in ’n motor deurbring, is dit belangrik om jou voertuig se “gesondheid” ernstig op te neem. 

OFM Nuus cvs/mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.