On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Swaar reën ontwrig padtoestande in Noord-Kaap

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:30 Wed, 06 Aug 2025

Swaar reën ontwrig padtoestande in Noord-Kaap | News Article
Motoriste in die Noord-Kaap word versoek om onnodige reise te vermy. Foto ter illustrasie: iStock

Noord-Kaapse bestuurders moet versigtig ry met dié dat swaar neerslae oor verskeie roetes uitsak.

Aanhoudende swaar reënval het uitdagende padtoestande na dele van die Noord-Kaap gebring wat dringende veiligheidswaarskuwings van die departement van paaie en openbare werke tot gevolg gehad het, sê Zandisile Luphahla, departementele woordvoerder.

Motoriste en besoekers aan die provinsie word sterk aangeraai om versigtig te ry, aangesien verskeie hoofroetes – veral in Namakwaland en Griekwaland-Wes – glad en nat is. Volgens die department het grondpaaie en sekere streeksroetes gevaarlik geword.

Motoriste en besoekers aan die provinsie word sterk aangeraai om versigtig te ry. Foto: Pexels

In reaksie hierop het die departement begin om waarskuwingstekens in hoërisiko-gebiede te plaas om padgebruikers te waarsku en te beskerm.

Namakwaland-roetes

Motoriste word versoek om onnodige reise te vermy en uiters versigtig te wees op die volgende paaie, wat as besonder gevaarlik geïdentifiseer is:

  • Kamieskroon-pad (DR2951), oftewel die Op die Berg-pad
  • Kuboes-pad (DR3247/3246)

Weervoorspellings dui daarop dat reënval in hierdie distrik na verwagting teen Donderdag (7/8) sal afneem, wat moontlik sal lei tot beter padtoestande.

Kimberley-omgewing

Luphahla sê terwyl gebiede soos Kimberley, Jan Kempdorp, Delportshoop en Ritchie nog nie groot sigbare skade gely het weens die vroeë aanvang van reënval nie, word verskeie paaie wel geraak en kan dit risiko’s inhou ten spyte daarvan dat dit steeds begaanbaar is.

  • MR811: Douglas na Schmidtsdrif
  • DR3355: Olifantshoek na Schmidtsdrif
  • DR3354: Vaalharts
  • MR802: Witpit
  • MR910: Schmidtsdrif na Papkuil

Griekwastad-gebied

  • TR69/2: Griekwastad na Niekerkshoop
  • DR3041: Griekwastad na Limpit
  • MR809: Griekwastad na Douglas
  • DR3379: Lime Acres na Silverstream

“Die departement maan alle padgebruikers om slegs te reis indien dit noodsaaklik is, hul roetes vooraf te beplan en op hoogte te bly van padtoestande deur amptelike sosialemedia- en kommunikasiekanale dop te hou,” sê Luphahla

“Ons vra die publiek moet waaksaam en geduldig bly en saamwerk met enige amptelike opdragte, versoeke of waarskuwings.”

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.