On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse vrou ná vier maande in vlak graf gevind

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:27 Wed, 06 Aug 2025

Noord-Kaapse vrou ná vier maande in vlak graf gevind | News Article
Litwina Johnson is ná byna vyf maand gevind. Foto: SAPD

Twee verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn nadat die liggaam van ’n Noord-Kaapse vrou, wat langer as vier maande vermis was, in ’n vlak graf gevind is.

Litwina Johnson (32) van De Aar is op 3 April by die Sunrise-polisiekantoor as vermis aangemeld. Sy is laas saam met haar kêrel gesien, sê Timothy Sam, provinsiale polisiewoordvoerder. Haar liggaam is Woensdag (6/7) ontdek.

Volgens Sam volg die inhegtenisneming ná ’n intensiewe ondersoek deur ’n toegewyde span wat aan die saak toegewys is, met die doel om geregtigheid en afsluiting vir die bedroefde familie te bring.

“Danksy noukeurige ondersoekwerk en die insameling van kritieke bewyse kon die polisie die verdagtes positief met die misdaad verbind.”

Die twee verdagtes (25 en 26) is in hegtenis geneem en aangekla van moord en regsverydeling. Hulle sal na verwagting binnekort voorkom in die landdroshof op De Aar.

Geen wagtyd as iemand vermis word nie

Die Noord-Kaapse polisie wil die publiek daaraan herinner dat daar geen wagtydperk is om ’n persoon as vermis aan te meld nie. Vroeë aanmelding verbeter die kanse op ’n suksesvolle uitkoms aansienlik.

  • Verskaf ’n onlangse foto van die vermiste persoon, indien moontlik.
  • Gee ’n volledige beskrywing van die vermiste persoon se laaste woonplek, klere wat hulle gedra het, asook enige inligting wat die ondersoekbeampte kan help.
  • Voltooi en onderteken ’n SAPD 55(A)-vorm. Hierdie vorm beskerm die polisie teen gekskeerdery en vrywaar hulle om die foto en inligting van die vermiste persoon te versprei.
  • Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede en stuur enige bykomende inligting wat beskikbaar word direk aan hom/haar.
  • As ’n vermiste gevind word of vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis. ’n SAPD 92-vorm moet voltooi word om die buro vir vermiste persone in kennis te stel, sodat die vermiste persoon se verslag uit die sirkulasiestelsel gehaal kan word.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.