On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Net 16 nuwe verkeerslui in Noord-Kaap ‘want sewe uit tien druip’

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:04 Tue, 12 Aug 2025

Net 16 nuwe verkeerslui in Noord-Kaap ‘want sewe uit tien druip’ | News Article
Foto ter illustrasie, iStock

Net 16 verkeersbeamptes is in die Noord-Kaap aangestel in die eerste inname van nuwelinge sedert 2008.

Die groot tekort aan beamptes word daaraan toegeskryf dat min potensiële beamptes die toets slaag. Die provinsie wou eintlik 64 beamptes aangestel het.

Die DA is bekommerd dat die provinsiale verkeersafdeling net nie daarin kan slaag om genoeg beamptes aan te stel nie. Op ’n onlangse komiteevergadering om die afdeling se begroting te bespreek, is die skuld weer gepak op die hoë druipsyfer onder kandidate, sê Reinette Liebenberg, DA-LP en woordvoerder oor vervoer, veiligheid en skakeling.

“Vroeër vanjaar is onthul dat slegs 16 uit 50 aspirant-verkeersbeamptes hul kursusse geslaag het – ’n druipsyfer van 68%.”

Die nuut aangestelde beamptes is na tien verkeerskantore dwarsoor die provinsie ontplooi, wat die totale getal provinsiale verkeersbeamptes op 120 te staan bring.

Reinette Liebenberg. Foto: DA

Dit is steeds ver onder die 300 beamptes wat nodig is om padveiligheid te verseker, sê Liebenberg. “Van die 120 is slegs 75 eintlik op paddiens, terwyl die oorblywende 45 met administratiewe take besig is.”

“Die departement het gesê hy is besig is om ’n bykomende 23 beamptes aan te stel.”

Die departement is besig om nog 23 beamptes aan te stel, sê Liebenberg. “Die departement het egter reeds verlede jaar onderneem om 64 verkeersbeamptes teen Januarie aan te stel. Die DA sal nie toelaat dat die departement agter begrotingsbeperkings wegkruip terwyl gesinne steeds geliefdes op die Noord-Kaap se gevaarlike, onbemande paaie verloor nie.”

Padveiligheid ‘moet gou verbeter’

Die DA het sy oproep vir ’n volledige verslag van die Noord-Kaapse departement van vervoer, veiligheid en skakeling oor die aanstelling, ontplooiing en opleiding van verkeersbeamptes herhaal. Tot dusver het die departement versuim om ’n duidelike plan aan die provinsiale wetgewer voor te lê om padveiligheid op te skerp.

“Ons sal ook daarop aandring dat die departement openbaar maak hoeveel aan elke leerling se opleiding en verblyf bestee is, wat die keuringskriteria vir leerlinge is, en watter konkrete stappe gedoen sal word om padveiligheid voor die komende Kerstyd te verbeter,” sê Liebenberg.

OFM Nuus  het navrae aan die provinsiale verkeersafdeling gerig rakende die aanstellings.

OFM Nuus cvs

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.