On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse polisie soek verdagte ná Heidedal-skietery

───   ZENANDE MPAME 13:54 Tue, 12 Aug 2025

Vrystaatse polisie soek verdagte ná Heidedal-skietery | News Article
Vrystaatse polisie soek verdagte ná Heidedal-skietery. Foto: Instagram

Die polisie in Heidedal, Bloemfontein, vra die gemeenskap se hulp om ’n verdagte op te spoor wat ’n 44-jarige Dinsdag (12/8) op pad werk toe doodgeskiet het.

Die slagoffer en sy broer was op pad werk toe. Net toe hulle op die punt was om ’n spoorlyn in Ooseinde oor te steek, het hulle die verdagte – ’n swart man met ’n kappietop aan – op die sypaadjie gewaar, sê Sinah Mpakane, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Nadat hulle verbygeloop het, het die verdagte die slagoffer in die rug begin skiet. Toe hy neerval, het die verdagte hom twee kopskote toegedien en te voet op die vlug geslaan. 

Die slagoffer is op die toneel dood verklaar.

Die polisie soek na die verdagte en vra enigeen met inligting wat hulle kan help, moet ao. Jacques Wilson van Heidedal se speurderafdeling bel by 082 455 5968 of 061 501 8007. So nie kan informante Stop Misdaad by 08600 10111 bel of die MySAPS-app gebruik om wenke deur te gee.

Intussen ondersoek Heidedal se polisie ’n geregtelike doodsondersoek nadat die liggaam van ’n onbekende man op die plaaslike stortingsterrein gevind is. Beamptes het op Maandag 21 Julie op ’n klag gereageer oor ’n liggaam wat in die water gesien is.

OFM Nuus het vroeër berig dat beamptes die liggaam van ’n man op sy rug gevind het, halflyf onder die water. “Die man het ’n swart top en swart langbroek aangehad. Sy identiteit en ouderdom is onbekend,” sê Mpakane.

Die polisie vra enigiemand om na vore te kom met inligting wat kan help om die man te identifiseer of besonderhede oor die omstandighede van sy dood.

Sosialemediagebruikers het hul skok uitgespreek en versoek behoorlike sekuriteit op die terrein, aangesien dit nie die eerste keer is dat ’n liggaam daar gevind word nie. Dit is nog nie bekend of die man ’n werker by die terrein of ’n inwoner van die omgewing was nie.

OFM Nuus/Zenande Mpame mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.