On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse polisie waarsku teen ál meer OTM-slenters

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:25 Mon, 18 Aug 2025

Noord-Kaapse polisie waarsku teen ál meer OTM-slenters | News Article
Ter illustrasie.

Die Noord-Kaapse polisie is bekommerd oor ’n toename in OTM-slenters omdat misdadigers toenemend toeslaan op niksvermoedende mense by besige OTM’e, sê sers. Timothy Sam, provinsiale polisiewoordvoerder.

Die polisie vra mense moet waaksaam bly en hierdie veiligheidsriglyne volg wanneer hulle ’n OTM gebruik:

 1. Wees altyd bewus van jou omgewing voor en ná die gebruik van ’n OTM.
 2. Moet nooit jou kaart of PIN met enigiemand deel nie.
 3. Moenie jou PIN op jou kaart skryf of dit by jou kaart hou nie.
 4. Plaas jou kaart slegs wanneer die OTM jou vra om dit te doen.
 5. Vermy OTM’e met leë skerms of dié in swak beligte of afgesonderde gebiede.
 6. Hou die toetsbord toe met jou hand en liggaam wanneer jy jou PIN invoer.
 7. Hou die kaartgleuf noukeurig dop om te verhoed dat jy iemand jou kaart steel of ruil.
 8. Moenie hulp van vreemdelinge by OTM’e aanvaar nie.
 9. Wees versigtig vir mense wat jou aandag probeer aflei, aangesien misdadigers dikwels in groepe werk.
 10. As jou kaart deur die OTM teruggehou word, bel onmiddellik jou bank se tolvrye lyn om kaarte te stop.
 11. Moet nooit toelaat dat iemand anders die bank namens jou skakel nie, aangesien dit ’n poging kan wees om jou te bedrieg.
 12. Sekerheidspersoneel by OTM’e word betaal om misdaad te bekamp, nie om kliënte met transaksies te help nie.
 13. Vir hulp, nader ’n bankbeampte direk.
 14. Oorweeg dit om ’n daaglikse OTM-onttrekkingslimiet by jou bank te stel vir ekstra beskerming.

Die polisie moedig mense aan om enige verdagte aktiwiteit aan te meld by Stop Misdaad by 08600 10111 of die MySAPS-app te gebruik.

OFM Nuus cvs

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.