On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Get Wise Wednesday: Kunsmis en plaagdoders - mites, feite en veiligheid

───   16:00 Wed, 20 Aug 2025

Get Wise Wednesday: Kunsmis en plaagdoders - mites, feite en veiligheid | News Article
Foto ter illustrasie: Getty Images

Baie mense droom daarvan om groente en vrugte in hul eie agterplaas te verbou, maar onkunde oor kunsmis en plaagdoders kan jou gesondheid en veiligheid in gevaar stel.

Welma Jurgens van Protek verduidelik een van die grootste wanopvattings oor kunsmis is dat dit gevaarlik is bloot omdat dit chemies is. “Die makro-elemente soos stikstof, fosfaat en kalium is niks anders as voedingstowwe wat plante benodig om te groei nie. 

“Moderne landbou vul bloot hierdie elemente aan om opbrengste te verbeter.”

Nog ’n mite is dat plaagdoders kos besmet of bestuiwers soos bye uitroei. Volgens Jurgens hou moderne produkte geen risiko in nie, mits dit korrek toegedien word en die wagperiodes nagekom word. 

“Die meeste plaagdoders word eers gespuit nadat die blomme reeds afval, dus is bye nie in daardie stadium aktief nie.” Die groter bedreiging vir bye is oorbevolking en ’n gebrek aan rusplekke.

Jurgens beklemtoon dat dit noodsaaklik is om plaagdoders veilig te gebruik. “Lees altyd die etiket – dit sê vir jou hoeveel om te gebruik, waar en wanneer. 

Foto ter illustrasie: iStock

“Moenie produkte koop wat nie in hul oorspronklike verpakking is nie, en hou dit buite bereik van kinders. Gebruik beskermende klere en moenie in die hitte van die dag toedien nie.”

Volgens haar word alle plaagdoders en kunsmisprodukte wat wettig in Suid-Afrika verkoop word, streng gereguleer ingevolge Wet 36 van 1947. Produkte sonder registrasienommers moet vermy word.

Foto ter illustrasie: iStock

Sy sê tegnologie help vandag om veiliger en meer volhoubaar te boer. Boere gebruik GPS en hommeltuie om presies te bepaal waar en hoeveel toegedien moet word, wat lei tot minder chemiese gebruik en ’n kleiner impak op die omgewing. 

“Nuwe generasie chemie het ook geen sekondêre effekte nie, wat beteken dat dit nie voëls of ander diere benadeel nadat hulle behandelde insekte vreet nie.

“Ons wetgewing is streng en aanspreeklikheid is nie meer ’n opsie nie, maar ’n vereiste.”

OFM mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.