On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Welkom-egpaar Vrydag terug in hof op verskeie aanklagte

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:40 Thu, 21 Aug 2025

Welkom-egpaar Vrydag terug in hof op verskeie aanklagte | News Article
Daniel Jacobus Fourie en sy vrou, Anna Francina, by die hof. Foto: Charné van der Merwe

’n Vrystaatse oudpolisiekaptein en sy vrou sal na verwagting weer Vrydag (22/8) in die Welkom-streekhof verskyn op verskeie aanklagte, insluitend intimidasie, crimen injuria en poging tot moord.

Die saak teen Daniel Jacobus en Anna Fourie is Maandag (18/8) uitgestel nadat Fourie beweer het hy het ’n tolk nodig omdat hy nie Engels sou verstaan nie, al het hy alle vrae in Engels beantwoord tydens ’n vorige hofverskyning op 15 Augustus. Adv. Allen Simpson het die skielike taalversperring bevraagteken en opgemerk Fourie het voorheen geen probleme met Engels getoon het nie. 

Fourie het volgehou hy het die reg om in sy huistaal, Afrikaans, ondervra te word. Sy prokureur, Eddy Nkuna, het egter erken hy verstaan Engels nie ten volle nie en het ’n tolk versoek, wat die hof daartoe gelei het om die verrigtinge tot Vrydag uit te stel.

Van die graffiti wat ter sprake is in die saak. Foto verskaf

Die paartjie is na bewering betrokke in ’n langdurige vete met die prominente plaaslike sakemanne Manny en Jose Jardim. Hierdie dispuut is na bewering die kern van die aanklagte, wat intimidasie, crimen injuria en die ontsiering van openbare eiendom met graffiti wat die Jardim-broers teiken, insluit.

Die graffiti, wat op brûe, padtekens en mure regoor die Goudveld-streek verskyn het, word met die paartjie verbind.

Meer ernstig is dat die paartjie teregstaan op aanklagte van poging tot moord wat verband hou met voorvalle waarin een van die Jardim-broers se huis na bewering met ’n spykerbom en geweervuur aangeval is. ’n Kind in die huis is na bewering so hittete tydens die aanval getref.

Oudkaptein, vrou in hof oor vete met sakebroers van Goudveld | News Article

’n Voorbeeld van die graffiti wat regoor die Goudveld aangebring is. Foto verskaf

Die saak is meermale vertraag weens Fourie se gereelde verandering in regsverteenwoordiging.

Met verlede Vrydag se hofsitting is Fourie beveel om teen Maandag ’n foto van hul oudste kind voor te lê. Simpson het gesê die kind is moontlik ’n sentrale figuur in die onderliggende motief vir die beweerde vete. 

Hy het ook onthul Fourie het voorheen in 2021 geweier om ’n DNS-toets te ondergaan om vaderskap te bevestig, maar het nou ingestem.

’n Boodskap op ’n selfoon wat deel vorm van die ondersoek. Foto verskaf

Nkuna het ook Vrydag ’n mosie ingedien om Anna Fourie se ontslag te versoek weens onvoldoende bewyse. Die staat het die versoek teengestaan, en die hof het beslis sy moet saam met haar man teregstaan.

OFM Nuus cvs

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.