On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Olebogeng
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Seun (18) in De Aar dood ná ongeluk by trapreling

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:24 Sat, 23 Aug 2025

Seun (18) in De Aar dood ná ongeluk by trapreling  | News Article
AJ Samson. Foto: Hoërskool De Aar

Geen begrafnisreëlings is bekend gemaak vir ’n Noord-Kaapse seun wat dood is nadat hy na bewering van ’n trapreling afgegly het nie.

AJ Samson (18) van De Aar het Vrydag (15/8) van ’n trapreling geval, sê Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van onderwys. AJ oorspronklik van Philipstown is Dinsdag (22/8) in die hospitaal in Kimberley dood. 

Hy is die seun van Andrew Samson, burgermeester van die Renosterberg-munisipaliteit. Volgens Van der Merwe het AJ ondanks waarskuwings van die skoolhoof probeer om vir die pret teen die trapreling af te gly. “Hy het sy balans verloor en geval en ernstige beserings opgedoen.”

‘Sy engelvlerke ontvang’

Die Hoërskool De Aar het sy meegevoel met AJ se familie betuig en sê daar heers ’n stilte by die skool.

“Dit is met hartseer dat ons die nuus deel dat een van ons arende, AJ Samson, Dinsdagmiddag sy engelvlerke ontvang het. Ons harte gaan uit na sy familie, vriende en klasmaats gedurende hierdie ongelooflik moeilike tyd.”

Van der Merwe sê die departement sal voortgaan om die skoolgemeenskap en AJ se familie gedurende hierdie moeilike tyd te ondersteun.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.