Central SA
Fouriesburg: Polisie vra hulp om vermiste vrou op te spoor─── CHARNÉ VAN DER MERWE 07:27 Sun, 24 Aug 2025

Die Vrystaatse polisie sê sy word al meer as ’n week vermis.
Paulina Phakoe (59) van Mashaeng naby Fouriesburg word steeds vermis. Sy is laas op Vrydag (22/8) in Phuthaditjhaba naby die Inligtingsentrum gesien, sê Mmako Mophiring, provinsiale poliewoordvoerder.
Enigiemand wat weet waar Phakoe is kan 082 554 3461 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.
“Sedert 2020 het die polisie 17 968 vermiste persone met hul naasbestaandes herenig,” sê Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder. Dit sluit in volwassenes en kinders wat landwyd as vermis aangemeld is.
“Die polisie bly daartoe verbind om alle mense in Suid-Afrika te dien en te beskerm.” Onthou daar is geen wagtydperk om iemand as vermis aan te meld nie. Hoe gouer dit aangemeld word hoe beter is die kans dat die persoon gevind kan word.
Wat om te doen as iemand vermis word
- Verskaf ’n onlangse foto van die vermiste persoon, indien beskikbaar.
- Deel 'n volledige beskrywing, insluitend die laaste bekende ligging, klere wat die persoon aangehad het, asook enige ander inligting.
- Voltooi en teken ’n die polisie se 55(A)-vorm, wat help om vals aanmeldings te voorkom en die persoon se besonderhede in die openbaar te versprei.
- Verkry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede om enige nuwe inligting direk aan te meld.
- Indien die vermiste persoon gevind word of vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis. Die polisie se 92-vorm moet voltooi word om die verslag van die nasionale sirkulasiestelsel te verwyder.
OFM Nuus dg