On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-polisie soek verdagtes ná mislukte kontantrooftog op N4 naby Mooinooi

───   14:04 Tue, 26 Aug 2025

Noordwes-polisie soek verdagtes ná mislukte kontantrooftog op N4 naby Mooinooi | News Article
Skets ter illustrasie

Die polisie ondersoek ’n poging om ’n geldwa te beroof wat Maandag op die N4 naby Majakaneng, Mooinooi in Noordwes, gefnuik is.

Na bewering het ’n silwer Mercedes-Benz Maandagaand (25/8) teen die kontantwa vasgejaag wat op pad na Rustenburg was. Hoewel die insittendes van die Mercedes-Benz glo op die voertuig losgebrand het, het die bestuurder in die bosse ingejaag en uiteindelik een van die myne in die omgewing bereik, waar beamptes van die veiligheidsmaatskappy SSG hom te hulp gesnel het. 

Die verdagtes se Mercedes-Benz is later in vlamme gehul langs die pad aangetref, lui ’n polisieverklaring. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar die ondersoek duur voort om die verdagtes op te spoor.

Die waarnemende provinsiale polisiehoof, genl.maj. Patrick Asaneng, het die bestuurder van die kontantwa en die lede van SSG Sekuriteit geloof vir hul dapperheid, moed en vinnige optrede wat meegebring het dat die swaargewapende rowers gefnuik is. 

“Waar hulle ook al is, en wie hulle ook al mag wees, hulle moet weet dat hulle opgespoor sal word en die volle mag van die gereg in die gesig sal staar. Die polisie vra alle wetsgehoorsame en patriotiese burgers om na vore te kom met inligting wat tot hul identifisering en inhegtenisneming kan lei,” sê Asaneng.

OFM Nuus cvs/mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.