On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kapenaar dan gevonnis weens oordrag-bedrog

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:51 Tue, 26 Aug 2025

Noord-Kapenaar dan gevonnis weens oordrag-bedrog | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

’n Noord-Kaapse man sal op 12 September gevonnis word nadat hy skuldig bevind is aan bedrog.

Donavon Keith Davids (60) is Dinsdag (26/8) deur die handelsmisdaadhof in Kimberley skuldig bevind nadat hy hom as ’n prokureur voorgedoen het en huisoordragfooie in sy persoonlike rekening laat betaal het, sê ao. Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder. Die klaer, wat ’n huis in 2011 wou koop, is na ’n maatskappy verwys genaamd DD Legal. 

Davids, saam met sy medebeskuldigde, Desmond Appie, het hulle as prokureurs en oordragbesorgers voorgedoen om die verkoop moontlik te maak.

Foto ter illustrasie: iStock

Die koper het R40 000 in Davids se bankrekening gedeponeer, sê Mnisi, maar die eiendomsoordrag het nooit plaasgevind nie. In ’n Valke-ondersoek het dit later aan die lig gekom dat die vermeende verkoper nie die wettige eienaar van die eiendom was nie.

Appie se saak sal na verwagting op Dinsdag 26 Augustus aangehoor word.

Twee Vrystaatse eiendomsagente, Teboho David Kolokomane (52) en Teboho Diamond (43), is op 27 Februarie deur die Bloemfonteinse streekhof skuldig bevind aan bedrog en op 9 Mei gevonnis.

In September 2012 het die klaer R120 000 in die beskuldigde se bankrekening gedeponeer nadat sy belanggestel het om ’n huis te koop. Die beskuldigdes het beweer hulle verkoop die huis.

Ten spyte van talle pogings deur die klaagster om die transaksie af te handel en haar nuwe huis in besit te neem, was haar versoeke om terugbetaling onsuksesvol. Die saak is daarna by die Valke aangemeld, sê lt.kol. Zweli Mohobeleli, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

“Speurders van die ondersoekeenheid vir ernstige handelsmisdaad het ontdek dat die beskuldigdes die huis as aas gebruik het en twee bykomende niksvermoedende slagoffers bedrieg het.” Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat nie een van die beskuldigdes geregistreerde eiendomsagente was nie.

Foto ter illustrasie: iStock

Dit is nie die eerste geval waar Diamond betrokke is by bedrieglike aktiwiteite van hierdie aard nie. Hy is in 2017 deur die Bloemfonteinse polisie gesoek nadat hy eiendomkopers uit aansienlike bedrae geld bedrieg het deur nie-bestaande huise en leë persele op bedrieglike wyse te verkoop. 

Diamond en sy vennoot, Paballo Patience Molibeli (28), het glo opgetree as agente wat eiendomme verkoop.

Molibeli was die eienaar van Empilweni Travel and Tours in Bloemfontein. Die twee was na bewering steeds op die vlug nadat hulle huiskopers uit meer as R1 miljoen bedrieg het. 

25 bedrogsake

Altesaam 25 sake van bedrog is teen Molibeli geregistreer ná die blootstelling van bedrieglike transaksies in November 2014.

In 2012 het Diamond (toe 35) glo met R80 000 van ’n polisiebeampte by die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein verdwyn nadat hy ’n huis verkoop het wat nooit gerealiseer het nie. Hy het hom ’n paar maande later uit die voete gemaak.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.