On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Regter veroordeel wat ‘erns van plaasaanvalle afmaak’

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:42 Wed, 27 Aug 2025

Regter veroordeel wat ‘erns van plaasaanvalle afmaak’ | News Article
Anneke Claassen (76) en haar lewensmaat, Hennie Claassen. Foto: Break The Silence About South Africa

’n Regter word veroordeel oor sy opmerkings nadat hy met die vonnisoplegging van die moordenaar van twee bejaardes van Limpopo herhaaldelik wou weet hoekom hierdie moorde as ’n plaasaanval geklassifiseer word.

Regter Francis Kganyago het Woensdag (27/8) die moordenaar Christopher Mgiba in die hooggeregshof in Polokwane lewenslank tronk toe gestuur weens die dubbele moord op Anneke Claassen (76) en haar lewensmaat, Hennie Claassen (77). Hy het egter herhaaldelik bevraagteken waarom dit as ’n plaasaanval geklassifiseer word.

Die paartjie is in Junie 2023 in hul huise op die plaas Klipfonteinhoek naby Ohrigstad aangeval. Anneke is aan die brand gesteek en het verkool, terwyl Hennie weens ’n harde hou teen die kop dood is voordat sy onderlyf aan die brand gesteek is. 

Hennie en Anneke Claassen. Foto: Citizen

Volgens Jacques Broodryk, AfriForum se hoofwoordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, verpersoonlik hierdie saak die wreedheid en ander unieke elemente van plaasaanvalle in Suid-Afrika.

“Pleks daarvan om hierdie werklikheid te erken, het regter Kganyago herhaalde verduidelikings van die aanklaer van die hand gewys en selfs die klassifikasie van plaasaanvalle vergelyk met die allegorie in Animal Farm, wat daarop dui dat sekere slagoffers as ‘belangriker’ as ander behandel word.”

Volgens Broodryk is hierdie houding uiters kommerwekkend. “Wanneer regters politieke narratiewe begin herhaal wat die erns van plaasaanvalle minag, betree ons gevaarlike gebied.”

 

Die moordenaar Christopher Mgiba in die hooggeregshof in Polokwane. Foto: Maroela Media

Hy sê die polisie het self ’n amptelike definisie van plaasaanvalle. Talle ander misdade – soos taxigeweld en politieke moorde – word ook afsonderlik geklassifiseer en kry gespesialiseerde aandag. 

“Waarom moet plaasaanvalle, wat dikwels buitengewone brutaliteit behels, dan hierdie erkenning geweier word?”

AfriForum voer aan die regter se kommentaar weerspieël die regering se voortdurende pogings om plaasmoorde as minder ernstig af te maak. Amptenare weier selfs om die dreunsang van onder meer Kill the Boer, kill the farmer te veroordeel.

‘Ons benodig erkenning, veroordeling en konkrete optrede’

“Hierdie saak is nie geïsoleerd nie: daar is gedokumenteerde voorbeelde waar rassistiese en politieke uitsprake plaasmoorde voorafgegaan het, insluitend die Porterville-aanval waar ‘Kill the Boer’ teen die slagoffers se huis geskryf is, en die Ntuthuko Chuene-saak, waar die oortreder erken het dat hy deur die dreunsang beïnvloed is.

“Dit is diep beledigend teenoor die familie van slagoffers – en gevaarlik vir Suid-Afrika se voedselsekerheid – wanneer ons howe die unieke aard van hierdie misdade afmaak. Pleks van ontkenning, benodig ons erkenning, veroordeling en konkrete optrede,” sê Broodryk.

OFM Nuus mvh

 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.