On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Vier in hof ná SA, Botswana hande vat in grensoperasie

───   14:06 Tue, 02 Sep 2025

Vier in hof ná SA, Botswana hande vat in grensoperasie | News Article
Foto ter illustrasie: SAPD

Vier verdagtes verskyn binnekort in die hof op aanklagte wat verband hou met dwelm- en immigrasieverwante oortredings ná ’n multidissiplinêre gesamentlike operasie tussen Suid-Afrika en Botswana op die grens tussen die lande.

Vier verdagtes verskyn binnekort in die hof op aanklagte wat verband hou met dwelms en immigrasieverwante oortredings ná ’n multidissiplinêre gesamentlike operasie tussen Suid-Afrika en Botswana op die grens tussen die lande. In die operasie, van Donderdag (28/8) tot Sondag (31/8), is gefokus op oorgrensmisdade soos veediefstal, mense- en dwelmhandel asook die voorkoming van onwettige immigrasie, sê sers. Timothy Sam, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.

Spanne van die twee lande het aktiewe deelgeneem aan nakominginspeksies, by voertuigbeheerpunte, stop-en-deursoekingsoperasies, grenspatrollies te voet en met voertuie, asook plaasbesoeke. 

Foto ter illustrasie: Facebook

By die voertuig-beheerpunte op die Witdraai en Vanzylsrus-pad is 589 insittendes in 294 voertuie voorgekeer en deursoek, sê Sam.

Die operasie het daarop uitgeloop dat vier verdagtes vir dwelmverwante oortredings, asook oortredings van die Immigrasiewet in hegtenis geneem is. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Daar is beslag gelê op Mandrax en khat ter waarde van R900, terwyl boetes van altesaam R7 200 uitgereik is weens oortreding van die Padvervoerwet, die Drankwet en die Diere-identifikasiewet.

Samewerking bevoordeel publiek

Genl.maj. Keagekae Johny Besnaar, provinsiale asst.komm. vir polisiëring, het die polisie se verbintenis herbevestig om om die grenslyn tussen die twee lande in samewerking met Botswana se wetstoepassingsdiens en ander betrokkenes te beveilig.

Hy benadruk dié samewerking is tot voordeel van die publiek. Die polisie gaan voort om stappe te verskerp om onwettige en ongereguleerde bedrywighede aan die grens te bestry.

OFM Nuus cvs/mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.