On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Twee in Noord-Kaapse howe oor handel in dwelms van R650 000

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:29 Thu, 04 Sep 2025

Twee in Noord-Kaapse howe oor handel in dwelms van R650 000 | News Article
Van die dwelms wat gevind is. Foto: SAPD

Twee vermeende dwelmhandelaars sal na verwagting binnekort in howe in die Noord-Kaap verskyn nadat dwelms van gesamentlik byna R650 000 glo in afsonderlike voorvalle by hulle gekry is.

’n Verdagte (36) is Woensdag (3/9) deur Kuruman se openbareordepolisie in hegtenis geneem, sê sers. Timothy Sam, provinsiale polisiewoordvoerder. “Die beamptes het gereageer op berigte van dwelmhandel by ’n plaaslike perseel en ’n lasbrief uitgevoer.

“Mandrax-tablette en khat met ’n geraamde straatwaarde van R20 550 is gevind, asook kontant wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is.”

Die voertuig waarop in Upington beslag gelê is. Foto: SAPD

Die verdagte is aangekla van onwettige dwelmhandel en sal in die Kuruman-landdroshof verskyn.

In ’n ander voorval is ’n buitelander (31), wat onwettig in die land is, Dinsdag (2/9) op Upington gevang toe polisiebeamptes wat van diens was, op ’n wenk gereageer het, sê Omphile Masegela, provinsiale polisiewoordvoerder.

“Die operasie is aangevuur deur ’n wenk oor ’n besending dwelms wat in die gebied verwag is. Beamptes het ’n voertuig by ’n plaaslike gastehuis opgespoor en tik met ’n geraamde waarde van R620 400 ontdek wat in ’n geheime kompartement versteek was.” Daar is ook op die voertuig beslag gelê. 

Van die kontak wat gekry is, vermoedelik die opbrengs van misdaad. Foto: SAPD

Genl.maj. Monica Sebili, distrikskommissaris, prys die beamptes vir hul professionaliteit en toewyding. “Hierdie operasie toon die toewyding van ons beamptes en die waarde van ’n vennootskap met die gemeenskap in die bekamping van misdaad.”

Die Noord-Kaapse polisie moedig die publiek aan om deel te neem aan die polisie se aanlyn peiling “Beoordeel ons diens” om terugvoering te gee oor polisiepogings en dienslewering te help verbeter.

OFM Nuus cvs

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.