On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Organisasie toegelaat as vriend van die hof oor magte van SAMRK

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:56 Fri, 05 Sep 2025

Organisasie toegelaat as vriend van die hof oor magte van SAMRK | News Article
Louis Boshoff, AfriForum se veldtogbeampte. Foto verskaf

’n Hof het toestemming verleen aan ’n organisasie om as ’n vriend van die hof (amicus curiae) op te tree in ’n baanbrekersaak oor die magte en jurisdiksie van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK).

AfriForum het reeds argumente by die hof ingedien en beweer dat die SAMRK bevindinge in ondersoeke mag uitreik, maar nie bindende opdragte kan uitreik nie, sê Louis Boshoff, AfriForum se veldtogbeampte. “Die Konstitusionele Hof het AfriForum se rol as amicus curiae in die saak bevestig wat voortspruit uit ’n dispuut oor grondbesetters se toegang tot boorgatwater op ’n plaas in Mpumalanga.”

Boshoff sê wat egter begin het as ’n meningsverskil tussen die grondeienaar, AgroData en besetters, het sedertdien geëskaleer in ’n grondwetlike uitdaging oor die omvang van die SAMRK se gesag. 

Die Konstitusionele Hof het AfriForum se rol as amicus curiae in die saak bevestig. Foto: Facebook

“AfriForum het voorheen ’n soortgelyke rol gespeel toe die saak voor die hooggeregshof van appèl in Bloemfontein aangehoor is, waar die hof ten gunste van die grondeienaar beslis het, en sterk op AfriForum se voorleggings staatgemaak het.”

Hy sê die SAMRK het sedertdien na die konstitusionele hof gewend om teen daardie beslissing te appelleer.

Boshoff voer aan dat die implikasies van die saak verder strek as ’n enkele dispuut. “Dit sou rampspoedig wees as al die SAMRK se aanbevelings – waarvan sommige verreikend is – bindend word. 

Politieke en rassevoordeel

“Verskeie geloofwaardige bronne het reeds getoon dat politieke en rassevooroordeel in die bevindinge en keuse van ondersoeke van die Menseregtekommissie opgespoor kan word.”  Volgens hom is dit noodsaaklik dat sulke bevindinge nie bloot afgedwing kan word nie.

“Die respondente in die saak, AgroData en F.G. Boshoff, het aangedui dat hulle nie die appèl sal teenstaan nie. AfriForum en die Sentrum vir Toegepaste Regstudies sal as vriende van die hof optree.”

Die datum vir die Konstitusionele Hof-verhoor is nog nie aangekondig nie.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.