On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Toestand van skole in Vrystaat is kommerwekkend

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:24 Sun, 14 Sep 2025

Toestand van skole in Vrystaat is kommerwekkend | News Article
Vandalisme neem toe in Vrystaatse skole. Foto verskaf

Die ineenstorting van Vrystaatse infrastruktuurprojekte vir skole word toegeskryf aan wanbestuur, stilstaande konstruksiewerk en wydverspreide vandalisme.

In die middel van die omstredenheid is die Tshexehir Primary School in Kgotsong, Bothaville. Die projek het in 2018 begin en was vroeër vanjaar byna 90% voltooi, maar dit is nog steeds nie klaar nie, sê Mahalia Kose en Dulandi Leech, DA-lede. 

Volgens Leech is die terrein sedert April verlate en sonder enige sekuriteit wat gelei het tot grootskaalse diefstal en vernietiging van eiendom. Dit sluit in van swartborde en deure tot loodgieterstoebehore en dakteëls. 

Hy sê dit beteken stygende koste, verdere vertragings en ’n toenemende krisis in basiese onderwys vir die kinders van Kgotsong.

Die Sandersville Combined School in Heilbron. Foto verskaf

Intussen het die DA ook die haglike toestand van mobiele klaskamers by die Sandersville Combined School veroordeel. Die leerders was in die winter blootgestel aan die koue weens gebreekte vensters en deure.

Die mobiele klaskamers word steeds gebruik nadat die hoofgebou in Augustus verlede jaar as onveilig verklaar is.

Robert Ferendale en Joseph Mbele van die DA het onlangs die terrein geïnspekteer en sê die tydelike klaskamers nie meer geskik vir gebruik nie. Met die somerreën wat nader kom, word verwag dat die risiko van siektes sal toeneem.

Dobbel met kinders se gesondheid

Leona Leech, DA-LPW, het die provinsiale onderwysdepartement gekritiseer omdat hulle sloer. Sy sê ten spyte van die skool se dringende behoeftes het amptenare slegs bevestig die tenderproses vir opknappings is steeds aan die gang.

“Die departement dobbel met die gesondheid en onderwys van hierdie leerders. Kinders moet nie ly terwyl papierwerk aanhou nie. Die situasie is onmenslik en kan nie voortduur nie.”

Howard Ndaba, Vrystaatse departement van onderwys woordvoerder, is om kommentaar genader.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.