On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Ashmund
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Olifant-eienaar van Mpumalanga se saak voorlopig van rol geskrap

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:48 Tue, 16 Sep 2025

Olifant-eienaar van Mpumalanga se saak voorlopig van rol geskrap | News Article
Sonell Joubert staan tereg vir die beweerde moord op Jurgens Nel. Foto: Facebook

Die moordsaak teen die eienaar van Tswale Educational Elephant Interactions is van die rol geskrap. Dit kan later weer ingestel kan word.

Sonell Joubert (45) het Maandag (15/9) in die Tonga-landdroshof in Mpumalanga verskyn. Dit was op aanklagte van voorbedagte moord en ’n Bylae 6-oortreding, sê Monica Nyuswa, NVG-woordvoerder.

“Joubert se saak is van die rol geskrap nadat die hof nie ’n uitstel vir verdere ondersoek wou toestaan nie. Die NVG sal nou met die polisie saamwerk om te verseker die ondersoek word voltooi en die saak word weer op die hofrol geplaas.”

‘Sy het glo uit selfverdediging opgetree’

Die polisie het Joubert op 3 Februarie in hegtenis geneem nadat sy Jurgens Nel (45) na bewering herhaaldelik met ’n mes gesteek het. Nel het saam met Joubert en haar lewensmaat, Johann Moller, op ’n plaas in Lowhills, Mpumalanga, gewoon. Hy het na bewering ook werk vir Moller gedoen.

Haar regspan hou vol sy het uit selfverdediging opgetree en het reeds ’n beskermingsbevel teen Nel gehad toe sy hom na bewering doodgesteek het. Die staat voer aan sy het die bevel eers ná die voorval verkry.  

Sonell Joubert. Foto: Facebook

Sy het op 8 Mei onder eed getuig sy het uit selfverdediging opgetree en beweer sy het ’n mes gebruik nadat Nel haar glo aangeval het. Sy het ’n paar dae voor sy dood ’n beskermingsbevel teen hom verkry wat hy na bewering oortree het.

Met ’n vorige hofverskyning het Joubert versoek die saak moet as ’n Bylae 5-oortreding herklassifiseer word. Sy het ook gesê sy is bereid om haar paspoort in te handig as borgtog toegestaan word, die Life360-app te installeer sodat die ondersoekbeampte haar bewegings kan monitor.

Op 8 Februarie is versoek haar borgtogaansoek moet heropen word, omdat sy ’n nuwe regspan en nuwe feite het wat die uitslag kon beïnvloed. 

Sonell Joubert. Foto: Facebook/Sonell Joubert

Marco Lamberti wat vir die eerste keer namens haar opgetree het, het ’n beëdigde verklaring van Joubert voorgelees wat die hof oortuig het om haar borgtogaansoek te heropen. Borgtog van R15 000 is toegestaan en sy is met streng voorwaardes vrygelaat.

Sedertdien het sy gehelp om die Unchained Network te stig. Dit is ’n organisasie wat daarop gemik is om vroue in aanhouding te ondersteun deur tronkbesoeke en die verskaffing van basiese noodsaaklikhede.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.