On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

‘Kill the Boer’ weer gesing op Potch-kampus

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:26 Thu, 25 Sep 2025

‘Kill the Boer’ weer gesing op Potch-kampus | News Article
‘Kill the Boer’ is glo weer op die Potchefstroomkampus gesing. Foto: AfriForum

Die Noordwes-Universiteit (NWU) word 48 uur gegun om te reageer voordat verdere stappe gedoen word ná hernude omstredenheid oor die “Kill the Boer”-dreunsang

Die dreunsang is na bewering weer Maandag (22/9) op die Potchefstroomkampus gehoor tydens die oorhandiging van ’n klagskrif deur die EFF Jeugliga en ander studentebewegings aan die universiteitsbestuur. Daarin word kommer geopper oor beweerde “rassisme en wit oppergesag” in die instelling, sowel as “die kriminalisering van die ‘Kill the Boer’-dreunsang”.

AfriForum Jeug het die NWU versoek om die sing van “Kill the Boer” in die openbaar te veroordeel en daadwerklike veiligheidsmaatreëls op te stel om studente tydens kampusbetogings te beskerm, sê Yvonne Gerber, jeugbeampte vir ontwikkeling.

Die EFF-studenteorganisasie het glo ten tyde van Maandag se protesoptog op die NWU se Potchefstroomkampus “Kill the Boer” gesing. Betogers het ook plakkate met slagspreuke soos “skiet om dood te maak” en “Kill the boer” gedra.

Pleidooi dat ‘Kill the Boer’ op NWU-kampusse verbied word | News Article

NWU-studente by die banier. Foto verskaf

Die protesoptog het die akademiese bedrywighede ontwrig, wat gelei het tot die kansellasie van sommige klasse, terwyl party klasse aanlyn voortgesit moes word, sê Gerber. Studente wat probeer het om hul klasse persoonlik by te woon, het gesê hulle is verhinder en hulle voel onveilig en geïntimideerd.

“Om liedjies te sing en plakkate te dra wat moord en geweld aanhits is nie vryheid van spraak nie – dit is haatspraak. Hierdie gedrag skep ’n klimaat van vrees en intimidasie op die kampus en is eenvoudig onaanvaarbaar.”

AfriForum Jeug het reeds sy kommer uitgespreek voor die protesoptog. Op 19 September het die organisasie aan Marlene Verhoef, die registrateur van die Potchefstroomkampus, geskryf om duidelikheid te verkry oor die universiteit se veiligheidsprotokolle vir die beskerming van studente tydens betogings.


In die brief is ook gevra vir die universiteit se amptelike standpunt oor die sing van liedere en dreunsange soos “Kill the Boer”, en watter tugoptrede ingestel sou word teen studente wat daaraan deelneem.

Vroeër, op 11 September, het AfriForum Jeug ’n petisie oorhandig aan dr. Corrie Rheeder, direkteur van studentelewe op die Potchefstroomkampus, waarin ’n verbod op “Kill the Boer” geëis word. Die petisie is deur 6 000 ondertekenaars ondersteun.

“Die NWU se stilswye en gebrek aan verantwoordbaarheid verhoog rasse- en politieke spanning op die kampus. As die universiteit nie duidelike grense trek en nou optree nie, kan dit tot selfs groter konflik lei,” sê Gerber.

Ultimatum gestel

AfriForum Jeug het Donderdag ’n opvolgbrief aan Verhoef en Rheeder gestuur na aanleiding van Maandag se protesoptrede. In die skrywe vra die jeugorganisasie onder meer die NWU moet:

  • ’n ondubbelsinnige openbare verklaring uitreik waarin die universiteit “Kill the Boer”, haatspraak en enige aanhitsing tot geweld veroordeel;
  • veiligheidsmaatreëls bekend maak wat ingestel is om studente se veiligheid te verseker;
  • dit duidelik stel watter tugstappe teen studente en KSR-lede gedoen gaan word wat betrokke was by die haatspraak en ontwrigting; en
  • verseker studente wat onderrig misgeloop het, word nie benadeel nie.

AfriForum Jeug gun die NWU 48 uur om skriftelik te reageer. So nie, sal hy verdere stappe doen.

OFM Nuus/Charne van der Merwe

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.