On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Minister McKenzie hou woord: R13 miljoen begroot vir Mmabatho-stadion

───   KEKELETSO MOSEBETSI 11:16 Fri, 26 Sep 2025

Minister McKenzie hou woord: R13 miljoen begroot vir Mmabatho-stadion  | News Article
Die Mmabatho-stadion, eens ’n simbool van trots in Noordwes. Photo: OFM Nuus

Die Mmabatho-stadion, eens ’n simbool van trots in Noordwes, is uiteindelik gereed vir ’n langverwagte opknapping ná jare van verval.

Gayton McKenzie, minister van sport, kunste en kultuur, het ’n toewysing van R13 miljoen belowe om die opknappingswerk aan die vervalle stadion aan die gang te sit. Die stadion het oor die jare ’n wit olifant in Mahikeng geword. 

McKenzie, vergesel van adjunkminister Peace Mabe, het die afgelope week die stadion besoek na aanleiding van ’n versoek deur Galerekwe Tsotso Tlhapi, LUR vir sport, kunste en kultuur. Blykbaar is dié versoek gerig op die vergadering van ministers en LUR’e in Bloemfontein verlede week.


McKenzie het die dringendheid beklemtoon om die stadion te herstel, veral vanweë Orbit College-sokkerklub se onlangse bevordering na die Premiersokkerliga (PSL). Die span beskik tans nie oor ’n geskikte tuisveld om wedstryde aan te bied nie.

“In ons eerste honderd dae het ons gesê ons móét Mmabana regmaak, ons móét die stadion regmaak. Ons is vandag hier om daardie belofte na te kom, saam met die LUR,” sê McKenzie.

“Sy het ons ook daaraan herinner dat julle ons hier nodig het, en ons het belowe ons sal hier wees – ek en my adjunk. Ons is hier, en ons het reeds geld beskikbaar gestel sodat die werk kan begin, maar ons het besef baie meer is nodig.

Beloftes sonder dade

“Ons kan nie toelaat dat só ’n juweel onder ons doodgaan nie. Die RNE is ’n ander regering – ons maak dinge reg, hare bue fela (ons praat nie net nie).”

Die stadion, wat gebou is tydens die Bophuthatswana-regering se bewind, het 59 000 sitplekke en is en een van talle historiese bousels in Mahikeng – waaronder die Mmabana-kultuursentrum – wat met die jare agteruitgegaan het onder die provinsiale administrasie.

Van vorige beloftes om die stadion op te knap, het dadels gekom.

OFM Nuus het voorheen berig Noordwes se departement van finansies is in 2019 genoodsaak om ’n verklaring uit te reik waarin mediaberigte ontken is dat R5 miljard vir die opknapping van die Mmabatho-stadion geoormerk is. 

Die departement het destyds verduidelik, hoewel R5 miljard as ’n moontlike gesamentlike begroting oorweeg is vir die stadion én die Mmabatho-konferensiesentrum, is geen amptelike finansiering destyds goedgekeur nie.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi mvh 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.