On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Ashmund
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Harrismith: Man kry lewenslank ná hy meisie (12) verkrag

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:15 Sat, 27 Sep 2025

Harrismith: Man kry lewenslank ná hy meisie (12) verkrag  | News Article
Twee mans lank tronk toe ná verkragting. Foto ter illustrasie: iStock

Twee mans van die Vrystaat en Noordwes is albei tronkstraf opgelê nadat hulle skuldig bevind is aan verkragting.

’n Noordwes pa (66) is Vrydag (25/9) tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy biologiese dogter (toe 18), sê brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder. Hy is in die Bafokeng-streekhof gevonnis.

‘Die man is in November 2022 skuldig bevind aan die verkragting van sy dogter in die Chaneng-dorpie naby Phokeng. Hy het haar met ’n mes gedreig voordat hy haar verkrag het.

“Hy het aanvanklik skuld ontken maar die getuienis van die slagoffer en DNS-monstershet getoon hy het die misdaad gepleeg. Sy bewering dat die daad konsensueel was, is deur die hof verwerp.” 

Die beskuldigde is ook ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit ingevolge art. 103 van die Wet op Vuurwapenbeheer, 2000 (wet nr. 60 van 2000).

‘Sy het hom geken’

’n Man van die Vrystaat is Vrydag, (26/9)  skuldig bevind en gevonnis weens die verkragting van ’n 12-jarige meisie, sê ao. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder.

Die beskuldigde, Isaiah Modise Ndaba, is in die Harrismith-streekhof lewenslank tronk toe gestuur. Die verkragting het in September 2022 plaasgevind.

“Die slagoffer het buite gespeel toe sy deur Ndaba genader is.” Hy was hul buurman en sy het hom geken. Hy het haar gevra om na sy kamer te gaan en beveel om haar klere uit te trek en haar toe verkrag. 

‘R5 gegee om stil te bly’

“Daarna het hy haar R5 gegee om stil te bly en haar met die dood gedreig indien sy iemand sou vertel.” Die voorval is egter vyf dae later aangemeld. Ndaba is kort daarna in hegtenis geneem. Hy was sedertdien in aanhouding. 

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.