On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Letsemeng se burgemeester aangekla van aanranding op speaker

───   KEKELETSO MOSEBETSI 14:07 Wed, 01 Oct 2025

Letsemeng se burgemeester aangekla van aanranding op speaker | News Article
Bonolo Mocwaledi, Letsemeng se burgemeester. Photo: Facebook

Die burgemeester van Letsemeng, wat Jacobsdal, Koffiefontein en Luckhoff insluit, het in die hof verskyn op aanklag van aanranding, wat spruit uit ’n woordewisseling met die munisipale speaker.

Bonolo Mocwaledi se verhoor is uitgestel tot Woensdag (8/10) om haar kans te gee om regsverteenwoordiging te bekom, sê sers. Sinah Mpakane, provinsiale polisiewoordvoerder. Die hofverskyning Vrydag is die gevolg van ’n voorval verlede jaar ten tyde van ’n vurige raadsvergadering op Petrusburg.

’n Konfrontasie het ontstaan ná ’n omstrede raadsitting, wat daartoe gelei het dat Mocwaledi en die speaker, Xolani Mthukwane, aanrandingsklagte teen mekaar aanhangig gemaak het.

Mthukwane het beweer Mocwaledi het hom met ’n dagboek teen die bors geslaan, terwyl Mocwaledi aangevoer het Mthukwane het haar gestamp. Ná oorweging van die saak het die direkteur van openbare vervolging egter besluit om slegs met klagte teen Mocwaledi voort te gaan.

Mocwaledi is een van verskeie burgemeesters wat deur die ANC-leierskap in die Vrystaat beveel is om weens swak dienslewering te bedank. Dié opdrag is egter tydelik opgeskort nadat Fikile Mbalula, die ANC se sekretaris-generaal, ingegryp het. 

Polediso Motsoeneng, die provinsiale ANC-sekretaris, het voorheen vergeefs probeer ingryp om diegene te skors wat die party se opdragte verontagsaam.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi cvs

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.