Central SA
Agtjarige skiet glo sewejarige neef dood; pa straks vervolg─── CHARNÉ VAN DER MERWE 21:50 Sat, 04 Oct 2025

Die pa van ’n agtjarige kind wat na bewering sy sewejarige neef in die Oos-Kaap doodgeskiet het, word deur vervolging in die gesig gestaar.
Die (48) sou Vrydag (3/10) in die hof verskyn het, maar die saak was die teen middag nog nie geregistreer nie. Sy seun het glo sy nefie Donderdag (2/10) omstreeks 12:45 in Mqanduli doodgeskiet.
“Die seun sy pa se gelisensieerde vuurwapen in die slaapkamer gevind en ’n skoot op sy neef afgevuur, wat op slag dood is,” sê kapt. Welile Matyolo, provinsiale polisiewoordvoerder.
“ ’n Afsonderlike saak van die versuim om ’n vuurwapen te beveilig, is teen die kind se pa (48) aanhangig gemaak.”
Foto ter illustrasie: iStock
Kragtens die Wet op Vuurwapenbeheer van 2000 het elke mens wat ’n vuurwapen in Suid-Afrika besit, ’n regsplig om te verseker dat dit veilig gebêre word.
Die wet vereis dat ’n vuurwapen in ’n geweerkluis bewaar word wanneer dit nie gebruik word nie.
Die kluis moet toegesluit weens en slegs die gelisensieerde eienaar mag oor die sleutel of kode beskik. Enige ammunisie moet ook apart geberg word, en die wapen moet ongelaai bly tensy dit wettiglik gedra of gebruik word.
Wetlike verpligting
Die wet maak dit duidelik dat vuurwapeneienaars redelike voorsorgmaatreëls moet tref om te verhoed dat kinders of enige ongemagtigde persone toegang tot die wapen verkry. As ’n minderjarige ’n vuurwapen weens nalatigheid verkry, kan die gelisensieerde eienaar strafregtelik vervolg word.
Oortredings kan insluit die versuim om ’n vuurwapen te beskerm, wat kan lei tot boetes, gevangenisstraf en die moontlike kansellasie van ’n vuurwapenlisensie.
Beamptes en mense wat wapenveiligheid bevorder beklemtoon steeds dat verantwoordelike vuurwapenbesit nie net ’n wetlike verpligting is nie, maar ook noodsaaklik is vir die beskerming van gesinne en gemeenskappe.
Onlangse tragedies waarin kinders toegang tot onbeveiligde wapens verkry het, onderstreep die verwoestende gevolge van die versuim om aan hierdie vereistes te voldoen.
OFM Nuus cvs
Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.