On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse polisie waarsku Sassa-ontvangers teen misdadigers

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 07:50 Sat, 04 Oct 2025

Noord-Kaapse polisie waarsku Sassa-ontvangers teen misdadigers | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

Die polisie in die Noord-Kaap waarsku die publiek om waaksaam en versigtig te wees gedurende die Sassa-toelaaguitbetalingstydperk.

Misdadigers teiken dikwels kwesbare ontvangers juis in hierdie tydperke, en die polisie vra die publiek om hul persoonlike veiligheid te prioritiseer en hul eiendom te beskerm, sê sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder. Om ’n veilige uitbetalingstydperk te verseker, gee die polisie die volgende wenke:

  • Hanteer persoonlike en betalingsinligting vertroulik.
  • Beskerm altyd die Sassa-kaart en PIN.
  • Wees versigtig vir vreemdelinge naby kitsbanke.
  • Wees ingelig oor die betaaldatums.
  • Indien moontlik, wag tot ’n paar dae ná die geskeduleerde uitbetaling om groot skares by betaalpunte te vermy.
  • Moenie reageer op oproepe of boodskappe waarin om persoonlike of kaartbesonderhede gevra word nie.
  • Bly waaksaam en bewus van die omgewing voor en ná die gebruik van ’n kitsbank.
  • Vermy kitsbanke met leë skerms of dié in swak beligte of afgesonderde gebiede.
  • Neem ’n vriend of familielid saam wanneer die toelaag afgehaal word.
  • Wees agterdogtig teenoor vreemdelinge wat hulp aanbied of beweer dat daar ’n probleem met die kitsbank is.

Onthou dat veiligheidspersoneel by kitsbanke daar is om misdadigers af te skrik – hulle is nie gemagtig om met transaksies te help nie.

Die polisie moedig enigiemand aan wat verdagte optrede waarneem of die slagoffer van misdadigers word, om dit onmiddellik aan te meld deur Stop Misdaad by 08600 10111 te bel, of Sassa se toelaag-en-bedroglyn by 0800 601 011. Die MySAPS-app kan ook gebruik word.

OFM Nuus cvs

Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.