On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Man vermoor sy ma naby Mahikeng met graaf

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 07:52 Sun, 05 Oct 2025

Man vermoor sy ma naby Mahikeng met graaf | News Article
Man het sy ma met graaf naby Mahikeng vermoor. Foto ter illustrasie: iStock

Die Noordwes-polisie ondersoek ’n saak waarin ’n man (25) sy ma vermoor het. Die video daarvan is op Facebook versprei.

Die voorval het Saterdag (4/10) omstreeks 11:00 in Mosiane View naby Mahikeng, plaasgevind, sê lt. kol. Sam Tselanyane, provinsiale polisiewoordvoerder. In die video kan gesien word hoe die seun sy ma (48) met ’n graaf aanval. 

Daar word beweer ’n buurman het ná die aanval waarskuwingskote afgevuur. In die poging om hom te keer het een van die koeëls die man getref en is hy dood. Tselanyane sê die motief vir die moord is nog onbekend. 

Sadistiese, gruwelike en sinnelose moord 

Genl. Maj. Patrick Asaneng, waarnemende provinsiale kommissaris, het dit as ’n simptoom van maatskaplike probleme genoem.

“Die sadistiese, gruwelike en sinnelose moord van ’n ma deur haar seun is simptomaties van die plaag van satanistiese rituele of dwelmverslawing waaraan die meeste jongmense blootgestel word en wat ongelukkig dikwels deur ouers en ’n nonchalante, apatiese samelewing geïgnoreer word.”

Ondersoek om tragedie te bepaal

Asaneng sê hoewel hy dood is sal die polisie se eenheid vir okkulte verwante misdaad hierdie saak behoorlik ondersoek om die oorsaak en gevolg van hierdie grusame tragedie te bepaal. 

Die polisie het 'n saak van moord en 'n geregtelike doodsondersoek geopen.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.