On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
Show Background
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Viljoenskroon: Mans lewenslank tronk ná boer se moord

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:01 Sun, 05 Oct 2025

Viljoenskroon: Mans lewenslank tronk ná boer se moord  | News Article
Dave Wessels. Foto: Facebook

Twee mans is Vrydag (3/10) tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op 'n boer naby Viljoenskroon.

Dave Wessels (66) is op 3 Oktober 2020 vermoor. William Sejane (57), ook bekend as Maidudu, en Lucky Motaung (54), ook bekend as Sebothe is die Kroonstadse -streekhof gevonnis, sê kapt. Lorraine Earle, provinsiale poliewoordvoerder.

“Hulle het ook ’n bykomende sewe jaar vir huisroof ontvang, maar die vonnisse sal samelopend uitgedien word.”

Wessels, 'n voormalige kolonel in die weermag, het vir ongeveer tien jaar alleen op sy kleinhoewe gewoon waar hy met vee handel gedryf het.

Earle sê die aanvallers het deur ’n venster toegang tot sy huis verkry, hom oorweldig, sy hande en voete vasgebind en sy kop in plastiek toegedraai.  Sy wit Toyota-bakkie en verskeie huishoudelike items is gesteel.

Dave Wessels se kruk en ’n gedeelte van sy huis. Foto: SAPD

“Die slagoffer is op 'n onbeskryflik brutale wyse vermoor. Hierdie vonnisse bring 'n mate van geregtigheid aan sy familie."

Wessels se liggaam is die oggend van 25 Oktober ontdek nadat ’n buurman hom gaan soek het. Die buurman het bloedvlekke deur ’n gebreekte venster opgemerk, asook bloed aan die mure en die polisie onmiddellik gekontak.

Wessels is op sy bed gevind en oral was bloedvlekke.

“Die saak is geprioritiseer onder die polisie se 24-uur-aktiveringsplan en toegewys aan sers. Morena Machalotsa van die provinsiale georganiseerde misdaadeenheid.

Die kas met die kluis in Dave Wessels se huis. Foto: SAPD

“Die gesteelde bakkie is later by ’n werkswinkel in Orkney gevind, terwyl Wessels se bankkaart vir transaksies in Orkney, Klerksdorp en Potchefstroom gebruik is.”

Bewyse, asook beeldmateriaal het getoon Motaung het die aankope gemaak. Hy en Sejane is kort daarna in hegtenis geneem.

Sejane was slegs 16 maande op parool nadat hy voorheen ’n lewenslange vonnis vir ’n soortgelyke misdaad uitgedien het.

“Die harde werk van die ondersoekbeamptes het vrugte afgewerp. Hierdie vonnisse stuur ’n duidelike boodskap dat geweldsmisdadigers die volle mag van die wet sal trotseer.” 

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.