On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes: Soektog duur voort na vermiste man van Olifantsnek

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:42 Wed, 08 Oct 2025

Noordwes: Soektog duur voort na vermiste man van Olifantsnek | News Article
Alwin Dorman word sedert Maandag vermis. Foto verskaf

Daar word steeds gesoek na die man wat sedert Maandagaand (6/10) vermis word.

Alwin Dorman (39) van Olifantsnek het Maandag omstreeks 20:15 vir die laaste keer met sy ma gepraat. “Tydens die oproep het hy na bewering vir haar gesê hy weet nie waar hy is nie en slegs bosse rondom hom sien,” sê Ansie Pretorius van Die RCCF-buurtwag.

Dit was die laaste kontak wat enigiemand met hom gehad het en sy selfoon is sedertdien afgeskakel.

Pretorius sê soekgeselskappe is besig om rond te ry om wenke op te volg en beeldmateriaal in die omgewing na te gaan. “Ons werk deur al die leidrade wat ons het. Daar is bevestig dat hy nie op die Derby pad uit is nie aangesien geen kameras hom daar opgetel het nie. 

“Beeldmateriaal wys egter dat hy in Rustenburg gestop het om wyn en ys te koop en hy is ook gesien hoe hy sy motor vol petrol maak.”


Dorman ry ’n rooi Renault SUV met die nommerplaat FTN133L. “In hierdie stadium is daar nog geen definitiewe leidrade oor waar hy moontlik kan wees nie en die soektog duur voort.”  

Enigiemand met inligting oor waar hy hom moontlik bevind kan die buurtwag by 074 327 3041 bel.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.