On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Laurika
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Vermiste Welkom-vrou ná vyf maande in Oos-Kaap gevind

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:50 Wed, 15 Oct 2025

Vermiste Welkom-vrou ná vyf maande in Oos-Kaap gevind  | News Article
Anuschka Janine Saunders is Maandag op Hamburg gevind. Foto verskaf

’n Vrou van Welkom, wat vyf maande gelede as vermis aangemeld is, is in die Oos-Kaap opgespoor.

Anuschka Janine Saunders (32) is Maandag (13/10) op Hamburg gevind nadat OFM Nuus ’n oproep ontvang het van ’n vrou wat haar herken het uit ’n vroeëre berig wat oor haar verdwyning gepubliseer is. 


Die inbeller, wat versoek het om anoniem te bly, het gesê sy het Saunders herken en die artikel met haar werkgewer gedeel, by wie se restaurant sy tans werk. 

Die werkgewer het bevestig dit is sy.

Anuschka Janine Saunders, wat vyf maande gelede as vermis aangemeld is, is in die Oos-Kaap opgespoor. Foto verskaf

Monika Ras, Saunders se ma, het bevestig dat haar dogter gevind is en dat sy met haar gepraat het. Haar dogter het vir haar gesê “alles het te veel geword” en sy het tyd weg nodig gehad, wat tot haar skielike verdwyning gelei het.

Die man wat saam met haar dogter gevind is, is in hegtenis geneem in verband met ’n vorige saak teen hom, het sy bygevoeg. Sers. Palesa Thabana, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig Saunders is gevind, maar sy kan nie die inhegtenisneming bevestig nie.

Saunders is laas op 27 Mei 2025 omstreeks 18:00 in Seemeeupark, Welkom, gesien. Sy het glo melk gaan koop en nooit huis teruggekeer nie. Ras, het vroeër gesê die familie vrees vir haar veiligheid en hierdie gedrag is iets heeltemal buite haar karakter.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.