On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Wildvervoer in soeklig ná leeu ontsnap op R49

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:44 Tue, 21 Oct 2025

Wildvervoer in soeklig ná leeu ontsnap op R49 | News Article
’n Leeu het egter uit die sleepwa ontsnap. Photo: Facebook.

’n Ondersoek is van stapel gestuur nadat ’n leeu uit ’n sleepwa ontsnap het op die R49 tussen Lichtenburg en Zeerust in Noordwes.

Volgens beskikbare inligting is die leeu Maandag (20/10) van die Vrystaat na Nietverdien, 40 km suid van die Botswana-grens, vervoer. Die dier het egter uit die sleepwa ontsnap.

Die departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewing, bewaring en toerisme verseker die publiek daar is geen rede tot kommer nie, aangesien die leeu suksesvol gevang is en geen bedreiging meer inhou vir die gemeenskap of padgebruikers nie.

‘Ondersoek die omstandighede’

Die departement ondersoek die omstandighede rondom die voorval. Voorlopige bevindings dui daarop die voorwaardes van die vervoerpermit is moontlik nie nagekom nie, sê Jerry Matebesi, departementele woordvoerder.


“Die volledige ondersoek sal bepaal of die eienaar aan alle toepaslike wetgewing voldoen het, insluitend dié soos uiteengesit in die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaard 1884-3. Hierdie standaard reguleer die vervoer, hantering en welsyn van karnivore.”


“Dit sluit in nakoming van spesifieke regs- en veiligheidspesifikasies vir hok- en voertuigontwerp, dierehantering, en algemene welsyn soos uiteengesit in nasionale riglyne.”

Wildboere en wildveroerders word dringend aangemoedig om alle toepaslike permitte vir die vervoer van wild aan te vra, en om streng by permitvoorwaardes en veiligheidsprotokolle tydens vervoer te hou, soos deur die wet vereis. 

Die nakoming van hierdie maatreëls is noodsaaklik vir veilige vervoer en die beperking van risiko vir die gemeenskap, sê Matebesi.

‘Moet openbare aanspreeklikheidsversekering hê’

Die departement gaan spesifiek nakoming met Voorwaarde 5 van die permit verifieer. Hierdie voorwaarde vereis die permithouer moet openbare aanspreeklikheidsversekering hê en aanspreeklik gehou kan word vir enige skade wat deur ontsnapte diere veroorsaak word.

Streng optrede sal teen die permithouer geneem word indien bevind word die permitvoorwaardes is oortree.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.