On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Man wat erken hy vermoor verloofde weer vervolg

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:30 Tue, 21 Oct 2025

Man wat erken hy vermoor verloofde weer vervolg | News Article
Quinn van den Bergh en Barbara Groenewald. Foto: Facebook

’n Noordwester, wat erken het dat hy sy verloofde vermoor het, se saak is weer op die rol geplaas. Hy sal weer op 28 November in die hof verskyn.

Byna drie jaar het verloop sedert Quinn van den Bergh (39) sy verloofde Barbara Groenewald (32) op 22 Oktober 2022 aangerand en noodlottig met ’n mes gesteek het. Nadat hy onlangs opnuut in hegtenis geneem en op 6 Oktober verskyn het, is hy op R2 000-borgtog vrygelaat.

Ná die aanranding het hy haar beseer in haar huis gelaat en die huis doelbewus aan die brand gesteek. Hoewel Van den Bergh vroeg die misdaad erken het, het die gruwelike besonderhede van die voorval eers later aan die lig gekom.

Quinn van den Bergh en Barbara Groenewald. Foto: Facebook

’n Nadoodse ondersoek het onthul Groenewald het steek- én brandwonde opgedoen en sy het nog nog gelewe toe die brand begin is, sê Sivenathi Gunya, NVG-woordvoerder.

Van den Bergh het hom twee dae ná die moord aan die polisie oorgegee en erken dat hy verantwoordelik is. Ten spyte van die bekentenis en forensiese bevindinge, is vertragings met die regsproses ondervind.

“In Mei is die saak van die hofrol geskrap nadat die staat nie voldoen het aan ’n hofbevel om sielkundige evaluering te bekom nie,” sê Gunya. “Die hof het in Oktober verlede jaar ’n tweede assessering gelas weens kommer oor die geldigheid van die eerste een, maar daardie bevel is nooit uitgevoer nie.” 

Ma oefen druk uit

Die sielkundige evaluering is nog nie gedoen nie.

Die saak is terug op die hofrol geplaas ná druk van Barbara se ma, Estelle Groenewald. “Sy het ons gekontak om ondersoek in the stel oor waarom die saak teruggetrek is," sê die privaat speurder Mike Bolhuis.

Hulle is versigtig optimisties die regstelsel sal hierdie keer met die nodige verrigtinge voortgaan, sê Morney Vos, ’n senior ondersoeker by SSS Specialist Investigators, Bolhuis se firma.

Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cvs/mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.