On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Ashmund
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfonteinse kleuter steeds vermis

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:17 Sat, 25 Oct 2025

Bloemfonteinse kleuter steeds vermis | News Article
Katleho Joy Leeuw word sedert Donderdag vermis. Foto: SAPD

Die Vrystaatse polisie doen ’n beroep op die publiek om te help nadat ’n driejarige meisie verdwyn het.

Katleho Joy Leeuw is Donderdag (23/10) laas gesien. Sy het saam met ander kinders in die agterplaas van haar huis in Glen Location buite Bloemfontein gespeel, sê lt. kol. Thabo Covane, provinsiale polisiewoordvoerder.

Vuyiswa Joyce Leeuw, haar ma, sê sy het die middag verdwyn en is nie weer gesien nie. Katleho het ’n geel T-hemp, blou denim en swart skoene aangehad. 

Die polisie in die Glen-gebied het sedertdien met ’n soektog begin. “Enigeen wat die polisie kan help om Katleho op te spoor kan sers. Lebogang Dikgacoi by 083 585 1951 of 051 407 3600 bel.

Inligting kan ook via die MySAPS-app gestuur word of bel Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel.

Geen wagtydperk

Die Vrystaatse polisie herinner die publiek daar is geen wagtydperk om ’n persoon as vermis aan te meld nie. Vroeë aanmelding verbeter die kanse op ’n suksesvolle uitkoms. Die volgende kan help:

  • Verskaf ’n onlangse foto van die vermiste persoon, indien moontlik.
  • Gee ’n volledige beskrywing van waar die vermiste persoon woon, die klere wat hy of sy aan gehad het, asook enige inligting wat die ondersoekbeampte kan help.
  • Vul ’n polisie 55(A)-vorm in en onderteken dit. Hierdie vorm beskerm die polisie teen gekskeerdery en magtig hulle om die foto en inligting van die vermiste persoon te versprei.
  • Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede en stuur enige bykomende inligting wat beskikbaar word, direk aan hom of haar.
  • As ’n vermiste gevind word of vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis. ’n Polisie 92-vorm moet ingevul word om die buro vir vermiste persone in kennis te stel, sodat die vermiste persoon se verslag uit die verspreidingstelsel gehaal kan word.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.