Central SA
Motoriste moet versigtig bestuur tydens brande─── CHARNÉ VAN DER MERWE 10:23 Sun, 26 Oct 2025
Motoriste is gewaarsku om geen items soos sigaretstompie, uit hul motor se vensters te gooi nie.
Die eerste brand van die seisoen is Saterdag (25/10) langs die N1 naby die Engen 1Stop in die rigting van Vaalplaza aangemeld. Sipho Towa, voorsitter van die Vrystaatse padvoorvalbestuurstelsels, sê die brand het die sigbaarheid in die gebied belemmer.
Motoriste word versoek om hul spoed te verminder en nie in gebiede te stop waar die rook te dig is nie. Hulle moet ook alle instruksies van noodpersoneel en die verkeersbeamptes volg. Naby Koppies en die die Kronfall 1Stop was daar ook brande.
Sigaretstompies
“Padgebruikers word versoek om nie sigaretstompies weg te gooi terwyl hulle bestuur nie omdat dit maklik brande kan veroorsaak wat vinnig onder winderige toestande versprei, lewens in gevaar stel en eiendom beskadig,” sê Towa.
Sigaretstompies moet slegs in aangewese asblikke of asbakkies gegooi word en enige brandgevalle moet onmiddellik by die naaste nooddienste aangemeld word.
Padgebruikers
“Ons doen ’n beroep op alle padgebruikers om verantwoordelik op te tree en enige aksies te vermy wat brande langs ons paaie kan veroorsaak. ’n Vonkie kan groot skade veroorsaak.”
• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

