On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Verdagte gou weer voor ná Glen-kleuter verkrag en vermoor is

───   ZENANDE MPAME 17:00 Wed, 29 Oct 2025

Verdagte gou weer voor ná Glen-kleuter verkrag en vermoor is | News Article
Die Bloemfonteinse landdroshof, waar die verdagte verskyn. Foto: OFM

Die vermeende moordenaar en verkragter van ’n driejarige meisie van Glen buite Bloemfontein kom weer Dinsdag (4/11) voor in die plaaslike landdroshof.

Die verdagte (30) het Dinsdag (28/10) vlugtig verskyn op aanklagte van moord en verkragting nadat hy Sondag aangekeer is. Klein Katleho Leeuw se liggaam is die vorige dag ná ’n drie dag lange soektog in ’n bos naby Glen gekry.

’n Verbyganger het op die oorskot afgekom ná ’n uitgebreide soektog onder leiding van kapt. Jerry Motaung van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings.

Maandag (27/10) het LUR’e die treurende familie en gemeenskap besoek en hulle toegespreek. “Ek vra die gemeenskap van Glen moet die polisie toelaat om hul ondersoeke te doen ná hierdie vonds,” het Jabu Mbalula, LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, gesê.


“ ’n Ervare span ondersoekbeamptes is saamgestel om dié wat verantwoordelik is, voor die gereg te bring. Ons het ’n multidissiplinêre span van ervare ondersoekbeamptes saamgestel om diegene te soek wat verantwoordelik is vir hierdie barbaarse misdaad.

“Daar is reeds persone van belang wat ondervra word, en ons is vol vertroue dat geregtigheid sal seëvier.”

Luidens berigte toon inligting wat in die hof bekend gemaak is die verdagte is in 2018 aan statutêre verkragting skuldig bevind. Hy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, maar dit is opgeskort. ’n Beskermingsbevel is teen hom uitgereik.

Katleho is laas gesien terwyl sy saam met ander kinders in die agterplaas van haar huis in Glen gespeel het. 

Elzabe Rockman, LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, het die gemeenskap aangemoedig om saam te staan en te verhoed dat “bose magte” verdere skade aanrig.

“Elke vrou en elke moeder wat hier sit, is hartseer oor wat gebeur het. (Wyle oudpres.) Nelson Mandela het op ’n keer gesê ons sal geoordeel word volgens hoe ons vir die kwesbares in die gemeenskap sorg, en niemand is kwesbaarder as ons kinders nie.

“Ek glo boosheid het sy weg tot in ons gemeenskap gevind. Daarom moet ons saamstaan en na mekaar omsien. Dit is die enigste manier waarop ons van hierdie boosheid ontslae kan raak.”

Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.