On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse polisie vra hulp om vermiste man op te spoor

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:26 Wed, 05 Nov 2025

Vrystaatse polisie vra hulp om vermiste man op te spoor | News Article
Christian Cloutier is vermis. Foto: SAPD

Die Vrystaatse polisie vra die publiek se hulp nadat ’n man vir byna ’n week vermis is.

Christian Cloutier (29) is sedert Donderdag (30/10)  vermis. Hy het glo sy huis in Welkom omstreeks 07:00 daardie oggend verlaat en nooit teruggekeer nie, sê sers. Palesa Thabana, polisiewoordvoerder. Sy voertuig is egter later daardie dag in Elizabethstraat  gevind - maar daar was geen spoor van hom nie.

Volgens Thabana was alles pogings om Cloutier op te spoor tevergeefs.

Christian Cloutier (29) is sedert Donderdag (30/10)  vermis. Foto ter illustrasie: iStock

Dit is nie bekend wat Cloutier ten tyde van sy verdwyning aangehad het. Hy word beskryf as lank, met lang bruin hare.

Thabana het ’n beroep op enigiemand met inligting oor sy verblyfplek gedoen om speurdersersant Sello Mali van die Welkom-speurdienste te kontak by 066 131 6695, die Stop Misdaad-nommer 08600 10111, of inligting via die MySAPS-app in te dien.

Geen wagtydperk

Die Vrystaatse polisie herinner die publiek daar is geen wagtydperk om ’n persoon as vermis aan te meld nie. Vroeë aanmelding verbeter die kanse op ’n suksesvolle uitkoms. Die volgende kan help:

  • Verskaf ’n onlangse foto van die vermiste persoon, indien moontlik.
  • Gee ’n volledige beskrywing van waar die vermiste persoon woon, die klere wat hy/sy aan gehad het, asook enige inligting wat die ondersoekbeampte kan help.
  • Vul ’n polisie 55(A)-vorm in en onderteken dit. Hierdie vorm beskerm die polisie teen gekskeerdery en magtig hulle om die foto en inligting van die vermiste persoon te versprei.
  • Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede, en stuur enige bykomende inligting wat beskikbaar word direk aan hom of haar.
  • As ’n vermiste gevind word of vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis. ’n Polisie 92-vorm moet ingevul word om die buro vir vermiste persone in kennis te stel, sodat die vermiste persoon se verslag uit die verspreidingstelsel gehaal kan word.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.